Nu­we­rus-wed­vlug­te baie sta­dig

Graaff-Reinet Advertiser - - Karoo-lus -

GRAAFF-REINET — Sa­ter­dag was dit die eer­ste keer dat die le­de van Graaff-reinet se Me­ri­no Pos­duif­klub aan die Nu­we­rus­wed­vlug van die NOK Pos­duif U­nie deel­ge­neem het.

Soos ver­wag was dit ‘n baie moei­li­ke wed­vlug van­af die Wes­kus met die heer­sen­de Oos- en Suid­oos­te-win­de wat die af­ge­lo­pe tyd waai. Al­hoe­wel die win­de nie so sterk oor die pas af­ge­lo­pe na­week ge­waai het nie, het dit steeds meer as agt ure vir die wen­duif van Pier­re Els ge­neem om sy hok te be­reik.

Die wen­spoed was 1182 me­ter per mi­nuut. Die dui­we het taam­lik uit­me­kaar ge­kom. Van die 71 in­ge­skre­we dui­we het slegs 29 hul tuis­te teen Sa­ter­dag­aand be­reik.

Pier­re Els, Garth Heu­nis en Da­vid Hamp­ton het goeie wed­vlug­te be­leef. Aan­staan­de na­week vlieg die klub weer van­af Touws­ri­vier.

Dié krag­me­ting is een van drie waar­in SA span­ne dié na­week op in­ter­na­si­o­na­le vlak mee­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.