Wind­pomp Run weer eens ’n suk­ses

Graaff-Reinet Advertiser - - Sport -

GRAAFF-REINET — Die R63­pad na Mur­rays­burg het Sa­ter­dag vroeg­og­gend ge­we­mel van deel­ne­mers aan die Wind­pomp Run.

Die Wind­pomp Run, ‘n pad­wed­loop wat jaar­liks in Graaff-reinet ty­dens die Ka­roo-lus Fees plaas­vind, is op 30 Sep­tem­ber wéér met groot suk­ses aan­ge­bied.

Die wed­loop - wat dié jaar vir die vier­de keer aan­ge­bied is - word deur die Graaff-reinet Run­ning Club ge­re­ël.

Hon­der­de at­le­te van­oor ’n groot deel van Suid-a­fri­ka het op­ge­daag vir dié ge­not­vol­le half-ma­ra­thon, met tal­le wat ook op­ge­daag het om aan die 10km en 5km wed­lo­pe deel­ge­neem het.

Die amp­te­li­ke ge­tal in­skry­wings vir die kom­pe­ti­sie be­loop 152 at­le­te vir die 10km, 304 lang­a­sems vir die 21km en 144 in­skry­wings vir die 5km-pret­stap.

Sa­ke­lui van die dorp het die wa­ter­pun­te langs die roe­te be­man.

Die S­pur-wa­ter­punt is as die bes­te wa­ter­punt vir die dag aan­ge­wys.

Met OVK se wa­ter­punt wat as die punt met die bes­te gees be­stem­pel is.

Die or­ga­ni­seer­ders van die wed­loop be­dank graag al­mal wat ‘n by­drae ge­le­wer het.

Die at­le­te is reeds van dou voor dag met ‘n bus en trok na die ver­skeie weg­spring­pun­te aan­ge­ry waar Pol­ka (by die 21km) en Ho­ër Volk­skool (by die 10km) die at­le­te met kof­fie en be­skuit in­ge­wag het.

Die koel­dran­ke by die on­der­skeie wa­ter­pun­te is deur T­wiz­za ge­borg.

In die 21km-wed­loop het Simt­hem­bi­le Swartz eer­ste on­der die mans ge­ëi­ding met ‘n tyd van 1.06.06.

Hy was ge­vol­ge deur Ge­or­ge Nts­hi­li­za (1.06.45) in die twee­de plek en Mes­hack Ha­man (1.11.39) in die der­de plek.

On­der die da­mes het An­ne­li­ze S­choltz in ‘n tyd van 1.24.15 eer­ste oor die wen­streep ge­trap, ge­volg deur Sip­ho­ka­zi No­jo­ko (1.27.29) twee­de en Ter­ray Ne­w­com­be (1.32.05) der­de.

Die 10km-wen­ner on­der die mans was Sip­ho No­vem­ber van die Graaff-reinet Run­ning Club met ‘n tyd van 33.22.

A­ne­le Voor­man (34.41) en Wilf­red S­teyn­berg (35.58) was kort op sy hak­ke.

Lar­ra Or­rock (35.58) was die eer­ste vrou­li­ke at­leet oor die wen­streep, ge­volg deur A­li­cia Ca­wood van Graaff-reinet (41.46) in die twee­de plek en Na­li­ze van S­taad­en (46.38) in die der­de plek.

Die wed­loop-or­ga­ni­seer­ders hoop om vol­gen­de jaar nog meer men­se te lok na Graaff-reinet vir hier­die op­win­den­de wed­loop wat van­weë sy roe­te deur ‘n na­si­o­na­le park werk­lik e­nig van sy soort is.

“Die te­rug­voer van die at­le­te is baie po­si­tief en ie­der en elk het ge­meen dat hul dit ter­deë ge­niet het,” sê E­li­se S­teyn­berg van die Graaff-reinet Run­ning Club.

Athle­tes at the star­ting point for t­his y­e­ar’s Wind­pomp Run half ma­ra­thon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.