Hen­nie van Rens­burg ka­trol die eer­ste prys in ty­dens die Ka­roo Carp Clas­sic

Graaff-Reinet Advertiser - - Sport -

GRAAFF-REINET — Ver­le­de Sa­ter­dag het die Cam­de­boo Hen­gel­klub hul jaar­lik­se Ka­roo Carp Clas­sic­kom­pe­ti­sie saam met die Ka­roo-lus Fees aan­ge­bied.

Die kom­pe­ti­sie is be­twis langs die wa­ters van die N­q­weba­dam by die Piekniek­bos-ont­span­nings­a­rea.

Al­hoe­wel die vis maar re­de­lik skaars was het die heer­li­ke so­mer­weer steeds ‘n lek­ker vis­vang­dag ver­se­ker.

Hen­nie van Rens­burg het die dag se kom­pe­ti­sie ge­wen met ‘n ste­wi­ge karp van 4.03kg.

Roc­co Eras­mus het twee­de ge­ëin­dig met ‘n karp van 3.465kg en Da­nie Campher was der­de met ‘n karp van 3.38kg. In die da­mes-af­de­ling het Jes­si­ca Ver­wey van Ui­ten­ha­ge met ‘n karp van 2.43kg ge­se­ë­vier.

Die ju­ni­or-af­de­ling is ge­wen deur Jo­han Jor­daan met ‘n karp van 2.615kg.

Die swaar­ste pen was toe­ge­ken aan Ger­hard van Jaars­veld en B­ri­an van S­chalk­wyk met ‘n to­ta­le ge­wig van 37.21kg.

Dan het Ger­hard van Jaars­veld ook die Ka­roo Carp Clas­sic-kom­pe­ti­sie se bar­ber-re­kord ge­breek deur ‘n bie­lie van ‘n bar­ber met ‘n ge­wig van 13.53kg uit die wa­ter te trek.

Die Cam­de­boo Hen­gel­klub be­dank graag al die hen­ge­laars wat deel­ge­neem het aan dié kom­pe­ti­sie so­wel as die bor­ge vir hul by­drae tot die dag se suk­ses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.