Volk­sies het die Kaap ge­niet

Graaff-Reinet Advertiser - - Graaff-reinet -

Die ge­not­vol­le Bur­ger­strand­huis-toer wat jaar­liks deur La­er Volk­skool se Graad 7-leer­ders on­der­neem word, was dié jaar weer eens ‘n reu­se suk­ses en het die leer­ders dit ten vol­le ge­niet. Die groep het Son­dag, 22 Ok­to­ber ver­trek op dié toer en Vry­dag, 27 Ok­to­ber, te­rug­ge­keer. Ge­du­ren­de die paar dae het die leer­ders be­soek af­ge­lê aan, on­der an­de­re, Ta­fel­berg en Mui­zen­berg. Die groep is baie dank­baar vir die ge­leent­heid om al hier­die be­son­der­se be­siens­waar­dig­he­de te be­soek en word die leer­krag­te be­dank wat hul ver­ge­sel het so­wel as al­mal wat die toer moont­lik ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.