Op­win­den­de week vir Mid­del­bur­gers

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

MID­DEL­BURG — Ton­ne op­win­ding en funk­sies word vir die laas­te week van No­vem­ber in Mid­del­burg be­plan. Eer­s­ko­men­de Son­dag, 19 No­vem­ber, nooi NG Kerk Mid­del­burg Ka­roo al­mal uit na die Kers­sang­diens om 19:00.

Vir 24 No­vem­ber be­plan die P­ri­mê­re S­kool Ka­rel T­heron hul Kers­mark wat van­af 16:00 by die s­kool plaas­vind.

Om 19:00 op 24 No­vem­ber kan Mid­del­bur­gers met hul ker­se en piek­niek­mand­jie na die Bur­ge­mees­ter­s­tuin gaan om saam met die res van die ge­meen­skap “Ca­rols by Cand­le­lig­ht” te ge­niet.

Daar gaan ook pan­ne­koek en ker­se te koop wees.

Sa­ter­dag, 25 No­vem­ber, nooi DA Wyk 9 al­mal na die Mid­del­burg klub om ‘n S­ter­re­aand in die Ka­roo saam te ge­niet. Kaart­jies teen R150 (vol­was­se­nes) en R80 (kin­ders) sluit ‘n heer­li­ke drie­gang maal­tyd in en is be­skik­baar by Han­dri Vor­ster (082 324 7524).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.