At­le­tiek­dag ’n weg­hol suk­ses

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

GRAAFF-REI­NET — Dit was ver­le­de Don­der­dag­mid­dag en Vry­dag­og­gend weer tyd vir La­er Volk­skool se jaar­lik­se atletiekbyeenkoms.

Dit is die ge­leent­heid waar die skool se Rei­net- en die Ru­pert­span­ne dit op die at­le­tiek­veld uit­spook.

La­er Volk­skool se at­le­te oe­fen reeds se­dert die be­gin van die skool­jaar om hul­self goed voor te be­rei vir dié straw­we me­de­din­ging.

At­le­te, af­rig­ters, ou­ers en on­der­wy­sers was ewe op­ge­won­de oor dié by­een­koms en het die at­le­te hul af­rig­ters ver­se­ker dat hul­le net hul bes­te sal le­wer om die skool se sport­ta­lent om­hoog te hou.

Die Don­der­dag­mid­dag het die ou­er leer­lin­ge aan die vel­di­tems deel­ge­neem waar­na die baan­nom­mers deur die loop van Vry­dag­og­gend deur die skool se leer­lin­ge af­ge­han­del is.

Vry­dag­og­gend se ver­rig­tin­ge het be­gin met el­ke span se di­ri­gen­te wat op die maat van mu­siek by die veld ge­ar­ri­veer het en hul span in kre­te be­gin lei het.

‘n Mens kon die erns van hier­die ge­leent­heid op el­ke kind se ge­sig sien.

Baie ou­ers het, na hul kind se bes­te po­ging, hul­le be­loon met ’n be­soek aan die snoe­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.