Mid­dies hou puik kleu­re-atletiekbyeenkoms

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

MID­DEL­BURG — Ho­ër­skool Mid­del­burg het Maan­dag, 29 Ja­nu­a­rie, hul jaar­lik­se kleu­re-atletiekbyeenkoms by die Ro­vers-sta­di­on in Cra­dock ge­hou.

Die at­le­te het puik pres­teer en ‘n paar re­kords het in die slag ge­bly. Chris­to­pher Legg het ‘n nu­we re­kord vir Seuns O.15 Ge­wig­stoot op­ge­stel met ‘n af­stand van 12,36m ter­wyl Chris­ti­aan Vor­ster die Seuns O.16 Dis­kus re­kord ver­be­ter het met ‘n nu­we af­stand van 35,22m.

Die Vic­tor - en Victrix Lu­dorum-toe­ken­nings, waar­van die kri­te­ria die mees veel­sy­di­ge at­leet van die dag is, is on­der­skei­de­lik deur Ma­re­li­ze Beu­kes en Wan­ga T­hi­so ver­o­wer. Ho­ër­skool Mid­del­burg wil dan ook van hier­die ge­leent­heid ge­bruik maak om Ko­bus van S­traat­en van Con­ti­nen­tal te be­dank vir die borg­skap. Chris­ti­aan Vor­ster, Ko­bus van S­traat­en (Con­ti­nen­tal borg), Chris­to­pher Legg en Vic­tor Lu­dorum Wan­ga T­hi­so. Voor is Victrix Lu­dorum Ma­re­li­ze Beu­kes. Die se­ë­vie­ren­de Geel­huis-span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.