Kyk, dit sneeu!

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Dit het die na­week lands­wyd ge­bib­ber van die koue, maar die prent­jie­mooi fo­to's van ste­wi­ge sneeu­neer­lae het dit so­veel mak­li­ker ge­maak om die koue te han­teer.

Die be­loof­de kou­e­front wat Vry­dag in­ge­skop het, het nie te­leur­ge­stel nie. Dit het in Graaff-rei­net na my me­ning kom­pleet ge­voel of ie­mand die deur na die Noord­pool oop­ge­los het.

Net na son­op­koms het die eer­ste sneeu­vlok­kies skaam-skaam hul ver­sky­ning op die pas­se be­gin maak.

En vroeg Sa­ter­dag­og­gend het Graaff-rei­net se om­ge­wing met 'n wit sneeu­kom­bers ge­spog. Ons huis se men­se was skaars wak­ker toe is die kin­ders reeds aan­ge­trek en, ter­wyl ek nog wor­stel met die voor­uit­sig om dit in die koue bui­te my voor­deur te waag, het hul­le reeds in die kar ge­spring op­ge­won­de om te gaan sneeu kyk. Ge­wa­pen met 'n trui, 'n jas en ’n mus be­ge­we ek my toe na bui­te en gaan soek ek, saam met my ge­sin, die sneeu.

En, voi­la, skaars 20 ki­lo­me­ter uit die dorp op koers na Mid­del­burg tref ons sneeu aan.

Met glim­lag­gen­de ge­sig­te het ons uit die kar ge­klim en ge­kyk hoe die he­mel­se wit­goud ge­ruis­loos op die aar­de neer­daal.

So vreed­saam. So se­reen. So ska­de­loos. Die oor­bluf­te uit­druk­kings op my kin­ders se ge­sig was on­skat­baar, hul op­ge­won­den­heid aan­steek­lik... dit by­ge­sê, ek kon skaars my eie op­ge­won­den­heid be­teu­el.

Ek pro­beer nog met F­red Astai­re-ag­ti­ge pas­sies vas­tig­heid on­der my voe­te op die seep­glad­de pad­op­per­vlak­te kry, toe ’n sneeu­bal my teen die lin­ker­oor tref. Ek vlieg om, ty­de­lik doof van die im­pak, net om te sien hoe my min­der­ja­ri­ge jap­snoet met me­ning spo­re maak.

My kin­ders se ge­luk het geen per­ke ge­ken nie. So­ver as die oog kan sien was die land­skap om­to­wer in ’n spro­kies­wê­reld.

Die vars sneeu knars on­der ons skoe­ne. Die kin­ders lag uit­bun­dig.

Om ons klink daar kort-kort ’n bal­da­di­ge ge­jil op van an­der mo­to­ris­te wat langs ons af­trek om die sneeu te ge­niet.

Te­rug by die huis word ek oor­val met fo­to's op so­si­a­le me­dia van in­wo­ners wat me­kaar speels met sneeu­bal­le gooi, wat be­sig is om sneeu-en­gel­tjies te maak of ’n uit­ha­ler-sneeu­man bou.

La­ter sak ons op die sit­ka­mer­ban­ke neer, elk­een met ’n kop­pie warm sjo­ko­la­de in die hand.

Poot-uit, maar diep te­vre­de.

Wat ’n per­fek­te uit­stap­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.