Weer kan voor­spel­lings om­keer

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Wel­ling­ton se be­rug­te wind kan baie voor­spel­lings oor Sa­ter­dag se rug­by­wed­stryd tus­sen die All Blacks en die S­pring­bok­ke tot in die see waai.

En as dit re­ën soos dit in Ni­eu­see­land kán re­ën, is e­nig­iets moont­lik.

Suid-afrika se fris voor­spe­lers sal dalk nie om­gee as die veld nat nie, maar vir die skop­pers en an­der ag­ter­spe­lers lê 'n on­ge­mak­li­ke mid­dag voor as die wind met me­ning waai.

Die an­der wed­stryd in die Kam­pi­oen­skaps­reeks, tus­sen Aus­tra­lië en Ar­gen­ti­nië, en op­win­den­de Cur­rie­be­ker­rug­by word óók reg­streeks op te­le­vi­sie uit­ge­saai.

Suid-afrika se net­bal­span is ook in Nieu-see­land. Die Pro­te­as neem saam met Aus­tra­lië, En­ge­land en die Ki­wi’s aan 'n vier­hoe­ki­ge toer­nooi deel. Dié wed­stry­de in Auck­land kan vroeg Sa­ter­dag­og­gend op TV ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.