Le­wens­lan­ge tronk­straf vir ver­krag­ters

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Alf­re­do Du Toit is op 19 Sep­tem­ber in die hoog­ge­regs­hof op Graaff-rei­net skul­dig be­vind. Ty­dens die hof­ver­rig­tin­ge is vas­ge­stel dat Du Toit hom op sy 13-ja­ri­ge slag­of­fer in 'n oop veld in Lo­tus­vil­le na­by 'n be­graf­plaas af­ge­dwing het ten aan­skoue van twee van haar vrien­de, 10 en 13 jaar oud.

Daar word ge­glo dat hy al drie mei­sies met 'n mes ge­dreig het.

Die Graaff-rei­net-po­li­sie se fa­mi­lie­ge­weld-kin­der­be­sker­ming­sen sek­su­e­le mis­dryf-een­heid (GKS) het die voor­val on­der­soek.

T­heron het ge­sê die Gks-een­heid ver­wel­kom bei­de le­wens­lan­ge von­nis­se.

T­heron het ge­sê die on­der­soek­be­amp­te, speur­kon­sta­bel Va­lo­nia A­bra­hams, het

Fo­to ter il­lus­tra­sie: on­ver­moeid en deeg­lik ge­werk om Pexels te ver­se­ker dat die kor­rek­te ge­tui­e­nis in die hof aan­ge­bied word.

"Dit is 'n groot suk­ses vir ons speur­ders waar ge­reg­tig­heid vir 'n trau­ma­tie­se oor­tre­ding teen 'n kind ge­dien het," het T­heron ge­sê.

Die hoof van die Graaff-rei­net se po­li­sie­groep, B­ri­ga­dier Ru­dolph A­dolph het ook dié uit­spra­ke van die hof ver­wel­kom.

A­dolph het ge­sê ver­krag­tings, ver­al dié op min­der­ja­ri­ges, bly skok­kend en het die af­ge­lo­pe tyd die hoog­te in­ge­skiet.

“Kin­ders het die reg om in ‘n vei­li­ge om­ge­wing te leef en te speel en die ge­meen­skap moet waak­saam wees en op­tree teen hier­die eu­wel.”

Hy het ge­sê die jong­ste mis­daad-sta­tis­tiek toon ge­wel­di­ge groei in sek­su­e­le mis­dry­we en dat dit stop­ge­sit moet word.

“Die po­li­sie is be­reid om ak­sie te neem in­dien die slag­of­fers of ou­ers van slag­of­fers na vo­re sal kom om ver­kla­rings af te lê,” het A­dolph ge­sê.

Twee mans is on­langs tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis vir twee af­son­der­li­ke voor­val­le van ver­krag­ting op A­ber­deen en Graaff-rei­net.

Op 7 Sep­tem­ber is Ash­ley Her­ma­nus (39) van Graaff-rei­net skul­dig be­vind en tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis vir die ver­krag­ting van ‘n 10-ja­ri­ge mei­sie.

Her­ma­nus het glo die mei­sie na sy huis ge­lok waar hy haar in ‘n slaap­ka­mer sek­su­eel aan­ge­rand het. Vol­gens die po­li­sie was daar drie vol­was­se vrou­ens in die huis wat Her­ma­nus op he­ter­daad be­trap het.

Kap­tein We­na T­heron van die po­li­se se Gks-een­heid het ge­sê dat die mei­sie na haar ver­krag­ting glo met haar le­we ge­dreig was.

“Die be­skul­dig­de het haar met ‘n mes ge­dreig en ge­sê hy gaan haar dood­maak as sy e­nig­iets sou sê.”

’n 34-ja­ri­ge man van A­ber­deen gaan ook le­wens­lank sit na­dat hy skul­dig be­vind is aan die ver­krag­ting van ’n 13-ja­ri­ge mei­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.