Is jy lus vir ’n gróót op­skop die na­week?

Graaff-Reinet Advertiser - - Classifieds -

Die Ka­roo-lus Fees word die eers­ko­men­de na­week deur hoof­bor­ge Mon­te­go Pet Nutri­ti­on, ABSA en Oc­tof­in in Graaff-rei­net aan­ge­bied.

As jy self wil sien waar­oor die bo­haai gaan, maak ‘n draai by die Bo­ta­nie­se S­port­gron­de dié na­week en aan­skou hoe dié dut­jies­dorp ty­dens Ka­roo-lus ont­waak. Dit is im­mers wan­neer Graaff-rei­net op sy bes­te is! Fees­gan­gers kan hier net die bes­te Suid-a­fri­kaan­se kuns­te­naars, heer­li­ke kos, hand- en kuns­werk en kin­der­ver­maak ge­niet. Die jaar se Ka­roo-lus Fees bied van die bes­te fees­kos­se aan met tal­le stal­le­tjie­hou­ers om van te kies en keur, elk met sy eie te­ma.ver­maak vir die kin­ders en jon­ges van gees sal weer vol­op wees by dié jaar se fees, met ton­ne speel­goed­stal­le­tjies so­wel as ’n he­le pret­park met kar­na­val­rit­te tot hul be­skik­king. Al dié pret maak ’n mens ook dors - die Ka­roo-lus Fees sal nie te­leur­stel nie, die bier­tuin sal la­fe­nis bied teen die dag se dors en hit­te.

• Be­soek www.ka­rool­us. co.za of “li­ke” die Fa­ce­book-blad om op die hoog­te te bly van al­les wat ge­beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.