Oud-in­wo­ner pen prag­ti­ge ge­dig oor Spandauskop

Graaff-Reinet Advertiser - - Letters | Briewe -

'n Oud-in­wo­ner van Graaff-rei­net, S­wan­nie S­wa­ne­poel, het on­langs 'n prag­ti­ge ge­dig oor die dorp se be­ken­de land­merk, Spandauskop, ge­pen.

S­wan­nie (88), wat dees­dae in Ge­or­ge woon, het vir et­li­ke ja­re in Graaff-rei­net saam met sy eg­ge­no­te Joey ('n nooi Ven­ter) ge­woon, voor­dat hul­le in 2000 be­sluit het om in Mos­sel­baai te gaan af­tree.

Die ge­dig 'Spandauskop', wat be­slis e­ni­ge trots-graaff-rei­net­ter se hart­sna­re sal roer, is geen­sins S­wan­nie se eer­ste skry­we nie.

In 2012 toe die eg­paar van Mos­sel­baai na 'n af­tree-oord in Ge­or­ge ver­huis het, het S­wan­nie be­gin om sy me­moirs te skryf, wat toe in 2014 ge­pu­bli­seer is met die ti­tel;

Hy pu­bli­seer ook toe kort daar­na sy eer­ste dig­bun­del ge­ti­teld en net daar­na sy twee­de dig­bun­del naam­lik

In 2016 pu­bli­seer hy sy eer­ste fik­sie ro­man ge­ti­teld

wat na Sa­lo­me se le­we en sy lief­des­be­skry­wings in Hoog­lied ver­wys.

Na hier­die baie po­pu­lê­re boek, skryf en pu­bli­seer hy nog ‘n ro­man ge­ti­teld

in 2017, wat han­del oor die boer­de­ry, lief en leed van ‘n fa­mi­lie oor drie ge­slag­te in die Groot Ka­roo ge­du­ren­de die mid­del tot laat 1800's.

S­wan­nie is dan hui­dig­lik ook be­sig met ‘n boek wat twee kort­ver­ha­le be­vat.

Die een kort­ver­haal

speel hoof­saak­lik op 'n plaas in die Graaff-rei­net-om­ge­wing af.

Die ge­dig 'Spandauskop', kom in hier­die kort­ver­haal voor.

Die an­der kort­ver­haal

speel af in die Wa­ter­berg in die Lim­po­po-pro­vin­sie in die vroeë 1900's tot en met die ein­de van 'n groot droog­te wat van 1929 tot 1933 ge­duur het.

Die boek be­vat dan ook 50 van sy top­ge­dig­te.

Wees ge­groet, mooi dog­ter van die ber­ge van die Ka­roo.

Jy lê snoe­sig ge­nes­tel op jou werf, die rus­plek van die re­ën­boë.

Jy is die kom­pas wat jou be­soe­kers na jou toe lei

En jy mag maar met jou mooi kur­wes jou gas­te ver­lei.

Jou be­soe­kers sien jou van ver af as ‘n prin­ses op jou troon.

Jy is ge­tooi in jou groen ge­waad, en jou rok se soom,

Met klein aal­wyn­tjies wat blom, ge­bor­duur

En fak­kel­tjies wat brand, aan­ge­steek deur von­kies van ‘n vuur.

Jy waak ja­loers oor klip­sta­pels in die val­lei van ver­la­ten­heid oor mu­ra­sies en pi­la­re van kul­tu­re in ver­ge­tel­heid.

En jy, Uit­kyk, Go­li­at van Graaff-rei­net se ber­ge, tuur in die ver­le­de en bring oer­die­re in mo­ras­se te ber­de.

Jou gas­te reis deur Ur­quart­park na Rib­bok­berg,

Jou klei­ner boet en ge­sels­maat wat jou aan­dag verg,

Wat jou uit­nooi na sy skou­spel van vuur­py­le wat vlam

Ter­wyl hy ge­trou wag­hou oor die dorp se dam.

As dit nag­maal is op Graaff-rei­net Dan nooi jy die nag­maal­gan­gers vir hul ple­sier en pret

En om aan te sit aan ‘n ge­dek­te ta­fel En in­tro­spek­sie te hou en hul sie­le­dro­me te ont­ra­fel.

S­waai maar jou sep­ter tot waar die wol­ke met die son se stra­le dans,

Ter­wyl hul­le die We­ster­kim tooi met die mooi­ste kleu­re­glans.

En hul po­seer met die ska­ke­rings van lig tot don­ker wyn

Ge­meng met hel­der kleu­re in ‘n ge­roe­se­moes van kar­mo­syn.

S­wan­nie S­wa­ne­poel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.