Jy kan nie ie­mand se oë met ‘n krie­ket­kolf oop­maak nie

Graaff-Reinet Advertiser - - Letters | Briewe -

Dit is mens­li­ke na­tuur om te wil hê dat an­der men­se saam met ons moet stem.

Ons wil al­mal reg wees en men­se wat nie din­ge sien soos jy nie, maak 'n byna on­be­heer­ba­re drang in 'n mens wak­ker om hul­le daar­van te oor­tuig dat hul­le ver­keerd is en jy reg.

Ons al­mal doen dit, of dit nou met ons fa­mi­lie, v­rien­de, ken­nis­se of to­ta­le vreem­de­lin­ge is.

Die sleg­te ding oor dié ei­en­skap van die mens­li­ke na­tuur, is dat dit neig om on­vol­was­se, kort­sig­ti­ge en geen­sins me­de­ly­dend te wees nie.

Nie een van daar­die ei­en­skap­pe is be­vor­der­lik vir ge­son­de kom­mu­ni­ka­sie nie, en nê­rens is dit meer dui­de­lik as in die nie-so-dap­per nu­we wê­reld van teg­no­lo­gie nie.

Ons is al­mal deur die par­man­ti­ge ver­koops­man, ag­gre­sie­we Fa­ce­book­in­skry­wing, die en­toe­si­as­tie­se be­keer­ling of die oor­logs­ge­troue sa­me­swe­rings-te­o­re­ti­kus wat net nie sal stil­bly nie, ge­vik­ti­mi­seer.

In die ou dae het jy jou voor­deur net ge­sluit, die foon neer­ge­sit of bloot net weg­ge­stap.

In dié dae van e-pos en so­si­a­le me­dia is dit nie meer so een­vou­dig nie. Dit word moei­li­ker om weg te loop, en soos vas­ge­keer­de, ge­won­de die­re, veg ons dan ver­woed te­rug, en dan word dit le­lik.

Hier is die ding: (het­sy ons nou met ie­mand per­soon­lik praat of kom­men­taar le­wer op 'n Fa­ce­book­in­skry­wing)

As ons pro­beer om ie­mand din­ge uit ons per­spek­tief te laat sien, gaan ons nie hul oë oop­maak deur hul­le op die kop te klop met 'n krie­ket­kolf nie - of dit nou 'n werk­li­ke of denk­beel­di­ge een is.

Be­le­di­gings, fou­tie­we lo­gi­ka en die waar­heid aan­pas om jou eie doel te pas, is krie­ket­kolf-me­to­des.

Ons moet te­rug­keer - of moet ek sê ont­wik­kel - na 'n plek waar ons ge­mak­lik na 'n op­po­ne­ren­de stand­punt kan luis­ter son­der om ver­plig te voel om ie­mand te pro­beer reg­stel, waar ons ver­se­ker in ons eie sie­nings kan wees en steeds or­dent­lik kan wees teen­oor die­ge­ne met wie ons nie saam­stem nie.

Hoe­kom? Spreu­ke sê dalk die bes­te: "'n Ve­ront­reg­te broer is meer on­toe­gank­lik as 'n ge­wa­pen­de stad; 'n ru­sie is soos die balk wat deu­re toe­sluit."

So­dra ie­mand ver­keerd op­ge­vryf is, is hul­le min­der ge­neig om hul ge­dag­tes oor iets te ver­an­der.

Kom ons word groot en be­weeg ver­by die krie­ket­kolf-me­to­de om men­se te for­seer om din­ge te sien soos ons dit sien, en be­gin eer­der met die ge­bruik van meer ef­fek­tie­we teg­nie­ke, soos om te luis­ter, nie te oor­deel nie en ver­se­ker te wees in ons eie oor­tui­gings dat ons nie be­dreig voel deur me­nings­ver­skil­le nie.

Vrae is slegs 'n be­drei­ging in se­ke­re si­tu­a­sies. Ons moet nie deur vrae be­dreig voel nie. Uit­ge­daag, ja, be­dreig, nee. As ons deur 'n vraag be­dreig voel, is dit tyd om te­rug te stap en on­der­soek in te stel oor waar­om jy so voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.