Nieu-bet­hes­da groet Tom Swartz

Graaff-Reinet Advertiser - - Letters | Briewe -

Nieu- Bet­hes­da — Die in­wo­ners van Nieu-bet­hes­da het on­langs af­skeid ge­neem van ‘n ge­lief­de in­wo­ner, Tom Swartz, wat in Mos­sel­baai oor­le­de is.

Tom, ge­bo­re 24 Mei 1943 as een van ne­ge kin­ders, het op 5 Mei 1987 in die hu­we­lik ge­tree met Chris­sie van der Mer­we. Uit dié hu­we­lik is twee dog­ters ge­bo­re - Bi­an­ca en Vic­ky.

Tom se lief­de vir die Ka­roo het hom 11 jaar ge­le­de ‘n erf in Nieu-bet­hes­da laat koop. Só het hul­le ‘n huis daar­op ge­bou aan­vank­lik net vir va­kan­sies. On­ge­luk­kig is Tom vier jaar ge­le­de ge­di­ag­no­seer met kan­ker.

Hy en Chris­sie het die stads­le­we vaar­wel ge­roep en hul­le toe op Nieu-bet­hes­da ge­ves­tig. Ie­der en elk wat vir Tom ge­ken het, het ge­weet dat hy lief was vir men­se, braai, on­ein­dig­gen­de grap­pe en ver­ha­le.

Waar hy kon help, daar was Tom en na­tuur­lik sy ge­troue hond­jie T­winkles. Vroe­ër die jaar het

Tom se ge­sond­heid skie­lik af­ge­neem. Na ‘n kort siek­bed is hy op 28 Au­gus­tus in ‘n hos­pi­tal in Mos­sel­baai oor­le­de. Die ge­sin be­dank graag vir dr. Ma­rais in Graaff­rei­net vir al sy raad en by­stand, as­ook die plaas­li­ke hos­pies en die per­so­neel van Bay­view Li­fe Hos­pi­taal te Mos­sel­baai. ‘n Spe­si­a­le word van dank word ook ge­rig aan ds. C­harl du Toit vir al sy be­soe­ke aan Tom en vir die waar­neem van die rou­diens, so ook vir El­sie wat hom mooi be­dags ver­sorg het en Mar­le­ne Ma­lan wat Chris­sie

Wy­le Tom Swartz en sy ge­lief­de hond­jie T­winkles.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.