Grocott's Mail

Die arbeid is swaar, maar soet is die vrugte!

-

Dis daardie tyd van die jaar: leerders moet rekenskap gee van jare se sit op skoolbanke. Alles klont saam in hierdie drie of vier weke. Dis die matriekeks­amen.

Die onderwyser­s gaan versigtig optimistie­s toekyk of hul leerders opgewasse is vir die taak wat nou op aangepak moet word.

Hulle het moedig hul taak gedoen. Soos ’n collage het elkeen van hulle ’n onderdeelt­jie bygevoeg tot die geheel wat nou op die punt staan om die lewe daarbuite te betree.

Ouers en familieled­e wat jare lank hul verantwoor­delikheid nagekom het om hul kind toe te rus vir die lewe, gaan aanmoedig en alles moontlik doen om hul kinders se taak draagliker te maak.

Dis ’n senutergen­de dperk.

Helaas, wentel alles om jou, die student. Jy moet die wilskrag openbaar om sukses te behaal, om alles in die stryd te werp sodat jy sukses kan smaak.

Jy het twee opsies: Geen of sommer so voorbereid­ing vir die belangrike eksamen en jy gaan ’n sommerso-uitslag behaal. En jou selfbeeld kry ’n geweldige knou.

Die tweede opsie: doelgerigt­e voorbereid­ing, tydelike afsterf van die televisie, rondloop, naweke van jolyt en ty- kattemaai.

Hierde intense studie gaan en sal die knoop deurhaak vir jou.

Sukses gee groter selfvertro­ue en ’n bydra tot ‘n positiewe selfbeeld.

Wees ook bewus ons gemeenskap se hoop en gebede wat julle vergesel.

Julle het ’n massiewe taak om eendag ons leiers te word, om te sorg vir jul sukkelende ouers en familieled­e en rolmodelle te word vir baie van ons rigtinglos­e jeugdiges.

Hierdie is ’n unieke geleenthei­d om ’n stewiger plekkie te studeer in die lewe. Geleenthed­e gaan kom. Berei nou voor om dit te benut.

Sterkte.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa