Ek is nie die kanna van my mense nie

Grocott's Mail - - MAKANA VOICES -

In die eerste ar­tikel wat ek aan ons plaaslike ko­er­ant voorgele het, het ek my gemeen­skap se bestaansnood beskr­ryf. Toe het die ge­brek aan poli­tiek leier­skap aan die groot klok gehang. Daarna was hi­b­riditeit deur­gaans die tema. My gemeen­skap is im­mers hi­b­riede, ons is ver­meng­ing.

Henk van Wo­er­den be­lig hi­erdie ver­skrynsel, die mi­grant se voort­durende soeke na iden­titeit.

Breyten Breyten­bach ver­wys na ons po­sisie as die Mid­del­w­ereld - ons kan nie terug­gaan van­waar ons kom nie en ons het ook nie iew­ers om heen te gaan nie. Ons is buites­taan­ders op die rand van kul­ture.

In hi­erdie rand­po­sisie waar ons tussen kul­ture slinger, vir n rukkie talm, skep die hi­b­ried Adam Small die karak­ter Kanna, wat soos n Moses sy volk uit ar­moede moet lei.

Dit is n drama oor die een­voudi­ges, die een­voudi­ges en die armes wat al­tyd daar sal wees.

Kanna kan die eu­wels wat ar­moede mee­bring nie ver­w­erk nie: dief­stal, mo­ord, ont­wortel­ing, verkragt­ing. As n in­tellek­tueel kan hy hom­self nie uitleef in die be­nouende apartheid Suid-Afrika nie. Hy gaan oorsee en word n kos­mopoli­taanse hi­b­ried.

Kanna was lief vir sy mense maar hy het gesien dat ar­moede eint­lik on­aantrek­lik is. Liefde son­der be­wys is geen liefde nie. Ek het voort­durend probeer aan­toon hoe ons in hi- erdie gemeen­skap sukkel om te oor­leef. Ek het gehoop dat die Kan­nas sou terug­keer na die lee gemeen­skappe.

Ek is nie die Kanna van my mense nie. Ons hoef nie die Kanna van ons mense te wees nie. Kanna as­se­blief kom hys­toe.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.