’N EEU SE DANKIE

Huisgenoot 100 - - Van Die Redakteur -

OM “. . . te ver­tol­ken wat daar leeft en werkt in a­fri­kaan­se hoofd en hart, en weer te ge­ven wat daar groeit en bloeit op het a­fri­kaan­se veld”. So be­skryf Huis­ge­noot se eer­ste re­dak­teur, prof. J. J. S­mith, die tyd­skrif se “stre­ven” in ons heel eer­ste uit­ga­we van Mei 1916. Met ons half­eeu-her­den­king 50 jaar la­ter skryf die re­dak­teur, Klaas S­teyt­ler: “Die tyd het aan­pas­sing ge­bring – 1916 en1966 is ver­skil­len­de wê­rel­de, elk met sy eie ei­se en be­hoef­tes . . . Ons glo ons het hier tred ge­hou, ons het ons­self steeds pro­beer her­nieu . . .”

En hier is Huis­ge­noot nou, ’n vol­le 100 jaar oud. ’n He­le eeu!

Ons het dit ge­maak deur oor­loë, e­pi­de­mies en re­ses­sies. Ons was daar toe vroue stem­reg kry, ’n man op die maan land, Suid-A­fri­ka ’n vol­waar­di­ge de­mo­kra­sie word. El­ke week het ons van die plat­te­land tot in ste­de vir men­se ver­tel wat in hul leef­wê­reld ge­beur, het ons de­fi­ni­sie van die “a­fri­kaan­se hoofd en hart” al­gaan­de wy­er ge­raak.

Die volk se by­bel, en­si­klo­pe­die van die volk, die an­der me­die­se joer­naal – dis na­me wat Huis­ge­noot al tong in die kies ge­noem is dank­sy ons reik­wyd­te en in­vloed.

De­ka­des reeds is ons Suid-A­fri­ka se top­ver­ko­per-tyd­skrif, al het ’n vloed­golf an­der ti­tels in­tus­sen op die rak­ke ver­skyn en al moes ons nu­we plan­ne maak om mee te ding met van te­le­vi­sie tot die in­ter­net.

Huis­ge­noot is ’ n uit­ge­wers­fe­no­meen wat wê­reld­wyd re­spek af­dwing, in die woor­de van ons maat­skap­py se groot­ba­se.

Hoe het ons dit reg­ge­kry? T­wee re­des: Huis­ge­noot se ver­moë om in voe­ling met sy (of is dit haar!) le­sers te bly en dat ons baas-sto­rie­ver­tel­lers is.

Dis geen hier­jy-taak nie. Ons mark se be­lang­stel­lings is meer uit­een­lo­pend as ooit. Maar ’n goeie sto­rie wat reg ver­tel word, soos net Huis­ge­noot kan, bly ’n wen­ner, ver­al as dit e­mo­sies ont­lok waar­by al­mal aan­klank vind.

Dit is waar­oor hier­die ge­denk­boek uit­ein­de­lik gaan: men­se en hul sto­ries in Huis­ge­noot. Dis ’n boek oor Fran­sie en Han­sie, Ou­pa en Gog­ga­tjie, C­hes­ter en Ma­di­ba, Kar­lien en An­ne­li­ne. Dit ver­tel van die tra­gie­se en ma­gie­se ver­moë van die mens om te kan faal en strui­kel selfs te mid­de van die groot­ste voor­spoed en held­haf­tig te kan uit­styg selfs te mid­de van die groot­ste be­proe­wing.

Hon­derd jaar se ge­skie­de­nis is op die blad­sye van Huis­ge­noot deur men­se ge­maak; eer­der as deur ge­beu­re.

Dankie aan kol­le­gas Ma­ry­ke Cumpsty en Jo­han­nes de Vil­liers, wat as be­stu­ren­de re­dak­teur en ar­ti­kel­re­dak­teur van hier­die ge­denk­boek sy aan sy saam met my ge­werk het om dit te pro­beer vas­vang; oud­kol­le­ga An­dré B­rink, wat af­ge­skop het deur 100 jaar se tyd­skrif­te deur te blaai; en Ma­ri van der Berg en haar span vir die mooi ont­werp.

Dankie aan el­ke re­dak­sie­lid en oud­re­dak­sie­lid (selfs oud­re­dak­teur!) wat help skep, tim­mer en po­leer het. ’n Ge­sig wat my al­tyd sal by­bly, is ons as­sis­tent Syd­ney Lestra­de wat op ’n draf­stap die gang af kom, vol lek­ker­kry oor hier­die pro­jek, arms hoog ge­laai met ar­gief­bun­dels.

Ag­ter die skerms van 100 jaar se Huis­ge­no­te is uit­ge­wers wat som­me moet laat klop, ad­ver­teer­ders, ’n druk­ke­ry, ’n ver­sprei­dings­net­werk. Son­der hul­le kan ons dit nie doen nie.

Maar ver­al wil ek dankie sê aan ’n eeu se Huis­ge­noot-re­dak­sies vir die sto­ries wat jul­le ons ge­gee het waar­mee ons hier­die boek kon maak, vir joer­na­lis­tie­ke uit­ne­mend­heid waar­op vol­gen­de ge­ne­ra­sies kan voort­bou.

En die heel mees­te van al­mal: Dankie aan ons le­sers vir jul lo­ja­li­teit. Vir baie ja­re wil ons jul­le nog dien, ook in nu­we vorms en ge­daan­tes. Ons wil jul huis­ge­noot bly. Lees­die­bood­skap­pe­va­noud­re­dak­teur­sop bl. 174.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.