AITSA, AN­NE­LI­NE!

Huisgenoot 100 - - Briewe -

26 MEI 1978 AFSTOOTLIKE FO­TO

Wat ’n te­leur­stel­ling was dit nie van­og­gend toe ek die pos­om­slag van Huis­ge­noot af­haal en sien wat­ter afstootlike fo­to van ons “mooiste mei­sie in die land”op die bui­te­blad pryk nie! Hoe kan ek toe­laat dat ons skool se mooi jong seuns en dog­ters na so ’n af­druk kyk? Waar­aan sal hul­le nie dink nie? MEV. E. GOUWS, LAERSKOOLWALVISBAAI

16 JUNIE 1978 MEELSAKKIES

Toe ek eers klaar na An­ne­li­ne se mooi ge­sig­gie ge­kyk het, sien ek die broe­kie raak. Dit het my weer laat dink aan die dae toe ons ge­meen­skap arm was en vir mei­sie­tjies broe­kies ge­maak het van meelsakkies. Ons was na­tuur­lik taam­lik skaam daar­oor.

Een og­gend waai die wind, en toe ’n vrien­din­ne­tjie haar rok­kie vas­gryp, sê ’n on­deun­de skool­seun so ewe droog: “Toe maar, ek het klaar ge­lees: 5 lb. meel.” MEV. E. FOUCHEE, HARTSWATER

An­ne­li­ne is op ons fo­to ge­klee in ’n swem­broe­kie waar­oor ’n hemp aan­ge­trek is . . . Op spe­si­a­le ver­soek van ons le­sers (ver­al die manne op die grens!) plaas ons aan­staan­de week ’n prag­ti­ge uit­haal­plak­kaat in kleur van hier­die fo­to van An­ne­li­ne. – RED.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.