RAMPE VAN PYN & SMART

Le­sers is tel­kens ge­ruk deur die on­be­skryf­li­ke ver­woes­ting en hart­seer wat ka­ta­stro­fes in Suid-A­fri­ka en el­ders ge­saai het

Huisgenoot 100 - - Tydgenoot -

DIS 27 Maart 1985, ’n son­ni­ge herfs­mid­dag in Jo­han­nes­burg. Pie­ter Koen ( 17) ry soos el­ke dag met die geel skool­bus huis toe. Pie­ter is in ma­triek, ’ n lang­af­stand­at­leet. Op fo­to’s lyk hy ska­me­rig-or­dent­lik. ’n Jong man wie se lewe oop voor hom lê. Soos el­ke mid­dag kies die bus koers oor die brug wat langs die We­st­de­ne-dam ver­by­loop. En toe, met­eens, is al­les cha­os.

Rem­me raas. Kin­ders gil. Die bus kan­tel. Tas­se en baad­jies word rond­ge­slin­ger. ’n Mas­sa wa­ter stroom die bus bin­ne.

Pie­ter is van die eer­stes wat sy eie lewe red deur by ’n ven­ster uit na die dak van die sin­ken­de bus te klim, het Huis­ge­noot be­rig.

“Maar on­der hom, het hy ge­weet, is sy skool­maats vas­ge­vang in die troe­bel wa­ters. Hy het in­ge­duik, on­der die wa­ter gevoel en ’n maat uit­ge­trek. Toe weer. Soos Wol­raad Wol­te­ma­de is hy tel­kens te­rug die wa­ter in.

“Vyf keer het Pie­ter in­ge­duik. Vyf keer ’n lewe ge­red. Die ses­de keer het hy nie weer op­ge­kom nie . . .”

Die jong held het saam met 42 an­der kin­ders in ’n wa­ter­graf ge­sterf.

In­tus­sen het Coen­raad Vis­ser (15), wat nie op die ramp­bus was nie, maar die on­ge­luk sien ge­beur het, ’n dom­krag ge­gryp en na die bus ge­swem.

“Maar dit was te laat om ven­sters uit te slaan, want die bus het toe al ge­sink,” het hy ver­tel. “Al­mal het ge­skreeu en teen die bus se ven­sters ge­slaan. Die mees­te kin­ders was al be­wus­te­loos, maar ek het ie­mand beet­ge­kry wat in een van die ven­sters vas­ge­sit het. Ek het haar uit­ge­kry en boon­toe ge­trek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.