TWEEDE WÊ­RELD­OOR­LOG (1939-1945)

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Oor die Eer­ste Wê­reld­oor­log is naas die re­dak­teurs­brief oor die ein­de van die oorlog wei­nig ge­skryf. Met die Tweede Wê­reld­oor­log sou dit veel anders wees.

In die aan­loop tot die oorlog het ver­skeie fo­to’s en ar­ti­kels oor die na­de­ren­de on­heil ver­skyn. Op 26 Ok­to­ber 1934 ver­skyn ’ n ar­ti­kel oor fas­cis­me en na­si­o­naal-so­si­a­lis­me met ’ n fo­to van A­dolf Hit­ler en Be­ni­to Mus­so­li­ni daar­by. In daar­op­vol­gen­de uit­ga­wes was fo­to’s van vroue wat gas­mas­kers maak in En­ge­land, ’n pa­ra­de van Duit­se oor­log­tenks, en op 11 Fe­bru­a­rie 1938 ’ n ver­stom­mend ak­ku­ra­te voor­spel­ling deur die be­roem­de Hon­gaar­se waar­seg­ster Bo­ris­ka Sil­bi­ger oor die uit­breek van die oorlog wat “by­na el­ke Eu­ro­pe­se volk” sou raak.

Nu­we oor­logs­teg­no­lo­gie, soos die “skroef­lo­se” vlieg­tuig, wat ons van­dag as die straal­vlieg­tuig ken, en die vlieg­dek­skip is in ar­ti­kels be­spreek. En ná die ein­de van die oorlog in Eu­ro­pa was daar op 18 Mei 1945 ’n fo­to van Hit­ler en Mus­so­li­ni “wat al­bei bin­ne een week deur die dood van die wê­reld­to­neel verdwyn het” (links). Op 29 Junie 1945 was daar ’n fo­to­blad oor die Duit­se oor­ga­we op 8 Mei.

Een van die laas­te oor­logs­fo­to’s wat Huis­ge­noot oor die stryd ge­pu­bli­seer het, het op 7 Sep­tem­ber 1945 ver­skyn en wys die rook­wolk bo Hi­ro­sji­ma na­dat ’n a­toom­bom oor die stad ont­plof het.

Ná die uit­breek van die oorlog het tal­le an­der fo­to’s ook daar­oor ver­skyn, on­der meer na­dat A­me­ri­ka in De­sem­ber 1941 oorlog ver­klaar het teen Ja­pan ná die aan­val op Pe­arl Har­bor. Aan dié aan­val is ’n he­le fo­to­blad­sy in die uit­ga­we van 20 Fe­bru­a­rie 1962 af­ge­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.