LANK LEWE ( BLINDE) LIEFDE!

Hier­die paar­tjies het die ton­ge hard laat klap – hul op­spraak­wek­ken­de lief­despaad­jies het soms ont­roer en soms die oë laat rek

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

IS DAAR lek­ker­der lees­stof as ’ n mooi lief­des­ver­haal? Na­tuur­lik, ja – ’ n lekker sap­pi­ge of heel vreem­de lief­des­ver­haal. Van hul­le het Huis­ge­noot oor die ja­re heel­par­ty ge­had. Die mens se hart is ’ n on­peil­ba­re put en die din­ge wat soms daar ge­bo­re word, het Huis­ge­noot-le­sers ge­reeld ver­stom. Soos die bi­sar­re lief­des­ver­haal van Ou­pa­tjie en Gog­ga­tjie.

Sa­rel P­re­to­ri­us was ’ n slag­ter van Ne­w­cas­t­le en na­week­boer op Poon­gas­kraal, en sy was sy Ge­si­na. Maar al­mal het hom Ou­pa­tjie ge­noem, en sy naam vir haar was Gog­ga­tjie.

Hul­le was 11 jaar saam toe siek­te haar in 1999 eis, maar Ou­pa­tjie kon net nie groet nie. Toe laat hy haar bal­sem, bou ’n graf­kel­der op die plaas en laat rus haar daar, by­der­hand vir kui­er­tjies.

In die graf­kel­der was die kis, ook ’ n en­kel­bed­jie, ke­tel, drink­goed en blik­kies­kos. Want el­ke Sa­ter­dag­nag het Ou­pa­tjie by haar oor­nag. Werk­dae het hy eers met die Ja­guar stil­ge­hou en ’ n kop­pie tee saam met sy Gog­ga­tjie ge­drink. En soms aan haar hand ge­raak.

Baie men­se is aan­ge­gryp deur die ver­haal van on­sterf­li­ke liefde. Maar na­dat die ar­ti­kels ver­skyn het, het Tol­lie P­re­to­ri­us, Gog­ga­tjie se seun by haar eer­ste man, vir Huis­ge­noot ver­tel haar lewe saam met Ou­pa­tjie was g’n so i­dil­lies nie. Hy was glo ’n boe­lie wat haar hard laat werk en storm­ag­tig met haar ba­klei het. Ou­pa­tjie klou aan haar lyk vas om­dat hy skul­dig voel oor sy op­tre­de, het Tol­lie be­spie­gel.

Maar Ou­pa­tjie het langs die kis bly waak.

KLOKSGEWYS, van heel bo: Mo­ni­ca Le­win­sky en Bill C­lin­ton; Al­lan en El­na Boe­sak; Chris de Burgh en Lu­an­na S­hon­feld; R­ho­na Pot­ter en Ko­sie Oost­hui­zen; Han­nes Hoff­mann en In­ge­borg Baum­gar­ten; Ou­pa­tjie en Gog­ga­tjie. LINKS HEEL BO: F­red van der Walt en sy kin­der­bruid, E­li­ze. HEEL REGS: Die op­skrif by ons ar­ti­kel oor Han­nes en In­ge­borg se ro­man­se: “As Liefde uit die Pen Vloei”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.