OSCAR: DIE PYNVRAAG BLY

Dis ’n ver­haal wat soos ’n Hol­ly­wood-draai­boek lees – en waar­in daar net ver­loor­ders is

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

‘HOE­KOM?” Op 28 Fe­bru­a­rie 2013 is Huis­ge­noot se voor­blad-hoof­op­skrif net een woord, maar dit som die land se ge­voe­lens op. Hoe­kom het die Pa­ra­lim­pie­se at­leet Oscar Pis­to­ri­us sy prag­ti­ge mei­sie, Ree­va S­teen­kamp, op Va­len­tyns­dag in sy huis in P­re­to­ria dood­ge­skiet? Het hul­le ba­klei? Het Oscar ge­dink daar skuil in­bre­kers in die bad­ka­mer?

Oor die ja­re het ons Oscar as ’ n by­na ma­gie­se held leer ken. Die aan­trek­li­ke, vas­be­ra­de ou­tjie wat die am­pu­ta­sie van al­bei sy on­der­be­ne oor­kom en wê­reld­be­roemd ge­word het – die eer­ste Pa­ra­lim­pie­se at­leet wat aan die O­lim­pie­se S­pe­le vir ge­wo­ne at­le­te deel­ge­neem het, met sy “lem­na­e­ler”pros­te­se.

Dit het ook ge­help dat hy ’ n glim­lag het wat mei­sies se harte laat smelt.

Maar nou sien ons ’n an­der Oscar. Een wat soos ’n ram­pok­ker met sy grys mus oor sy kop by die po­li­sie­kan­toor uit­ge­lei word.

Na­re ge­rug­te doen die ron­de. Oscar swaai graag vuur­wa­pens rond en dreig men­se. Hy is ’ n ja­loer­se ou wat vroue nie goed han­teer nie, be­weer ’n me­de-at­leet in Huis­ge­noot. ’n Mens weet nie meer wat om te dink nie. Oscar word op borg­tog vry­ge­laat. Hy gaan woon ty­de­lik by sy mil­joe­nêr-oom Ar­nold en tan­nie Lo­ïs in hul ta­maai huis in Wa­ter­kloof. Die Pis­to­ri­us-fa­mi­lie ba­klei hard om Oscar se on­skuld te be­wys en die pu­bliek toon gou al sim­pa­tie vir hom.

“Ons is ’ n fa­mi­lie in rou,” ver­tel Oscar se ou­er broer, Carl, vir Huis­ge­noot. “Nie­mand se lewe bly on­ver­an­derd ná so ’ n tra­gie­se voor­val nie.”

Ons leer ken ook Oscar se sus­sie, Aimée. Die drie kin­ders se ver­hou­ding met hul pa, Hen­ke, is by tye ge­span­ne en ’n mens sien nie te veel van hom nie.

Ook die S­teen­kamp-fa­mi­lie ver­skyn van tyd tot tyd in Huis­ge­noot. Ons ver­ge­sel Ju­ne en Bar­ry S­teen­kamp na ’n strand in Port E­li­za­beth, waar hul­le in ’n roerende se­re­mo­nie van hul dog­ter af­skeid neem.

“Ek het nie die ge­leent­heid ge­had om vir haar baai te sê nie,” sê Ju­ne. Sy wens sy kan Oscar in die oë kyk. “Hoe­kom?” wil sy vra.

En toe, in Maart 2014, be­gin die hof­dra­ma. Oscar word in P­re­to­ria ver­hoor. Fo­to­gra­we van oor die wêreld heen ver­trap me­kaar. ’n Nu­we TV-ka­naal saai die saak reg­streeks uit. Le­de van die pu­bliek – dik­wels jong vroue – drom bui­te die hof saam om Oscar te sien.

Huis­ge­noot ont­leed die saak uit el­ke moont­li­ke hoek. Ons a­na­li­seer die lyf­taal van die ag­gres­sie­we staats­aan­kla­er, Ger­rie “Die Bul­hond” Nel, en die ad­vo­kaat vir die ver­de­di­ging, Bar­ry Roux. Ken­ners ver­dui­de­lik hoe­kom Oscar ty­dens die saak in ’n groen em­mer­tjie braak (’n “aan­ge­bo­re toe­stand wat sy spys­ver­te­ring aan­tas” en stres wat sy maag laat saam­trek, is van die ver­kla­rings).

Aimée staan Oscar in die hof by deur “aan sy hand te vat, hom te troos en vir hom te bid”. Vrien­de ver­tel hoe ge­heg sy en haar broers aan me­kaar is. “Ek dink sy pro­beer ter wil­le van Oscar sterk wees,” sê een.

Die saak maak van die pu­bliek toe­skou­ers in Oscar en Ree­va se bin­ne­ka­mer. Huis­ge­noot be­rig by­voor­beeld hoe Oscar en Ree­va in die t­wee maan­de voor daar­die tra­gie­se nag by­na 700 sel­foon­bood­skap­pe vir me­kaar ge­stuur het. Hul­le noem me­kaar “Boo” en “Ba­ba”. Hul­le raak stout en be­plan om op die en­jin­kap van sy nu­we BMW M6 te vry. En op die kom­buis­toon­bank. En op die trap­pe.

Nie al die bood­skap­pe is vry­e­rig nie. “Ek is soms bang vir jou,” skryf Ree­va op ’ n kol. Hul­le sit vas om­dat Ree­va vroe­ër dag­ga ge­rook het. Sy kla dat Oscar by ge­leent­heid met haar on­ge­skik was.

Een van die oom­blik­ke wat ’n mens moei­lik kan ver­geet, is die om­stre­de vi­de­o­beel­de wat ons ook pu­bli­seer van ’n re­kon­struk­sie van Ree­va se doods­aand wat deur Oscar se ver­de­di­ging­span ver­film is. Daar­op suk­kel hy op sy stom­pies in die huis rond ter­wyl hy sy hand op­tel as­of hy hom­self met ’n pis­tool wil ver­de­dig. Weer­loos. Hul­pe­loos.

Ewe roe­rend is die eks­klu­sie­we fo­to’s van een van Ree­va se laas­te fo­to­ses­sies wat Huis­ge­noot in Augustus 2014 pu­bli­seer. Sy po­seer saam met haar mo­del­vrien­din Ta­nya van Graan in lang rok­ke op luuk­se meu­bels, haar uit­druk­king smeu­lend, am­per te mooi om waar te wees. Net vier maan­de la­ter sou die koe­ëls dié prag­ti­ge vrou aan flar­de ruk.

Ve­le van Huis­ge­noot se le­sers maak geen ge­heim van hul sim­pa­tie vir Oscar nie. Toe ons in die week van die reg­ter se uit­spraak op Fa­ce­book vra dat men­se hul me­ning oor die hof­saak gee, kry ons so­veel te­rug­voer dat ons vier blad­sye vol maak.

Baie men­se voel soos Ma­ri­a­na Va­len­tin: “God het hom ver­ge­we. Dit maak nie saak of hy skul­dig of on­skul­dig is nie. S­terk­te Oscar.”

Uit­ein­de­lik beslis reg­ter T­ho­ko­zi­le Ma­si­pa: Oscar is on­skul­dig aan moord, maar wel skul­dig aan straf­ba­re man­slag. Hy moet vir vyf jaar tronk toe. In Ok­to­ber 2014 slaan die staal­hek­ke van Pre-

‘Ons is ’n fa­mi­lie in rou. Nie­mand se lewe bly on­ver­an­derd ná so ’n tra­gie­se voor­val nie’

Carl Pis­to­ri­us, Huis­ge­noot, 7 Maart 2013

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.