ONT­HUL­LINGS UIT ’N TRONK­SEL

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

’n Blon­de stu­dent verdwyn die aand voor haar 21ste ver­jaar­dag. Die ont­voer­der eis ’ n los­prys. Haar ou­ers be­taal, maar dan volg ’n on­heil­spel­len­de stil­te. Dit klink soos ’ n gru­wel­film.

In 2004 is Leig­hMat­thews se naak­te lyk in ’n vaal gras­veld suid van Jo­han­nes­burg ge­vind. Haar me­de­stu­dent Do­no­vanMood­ley is in heg­te­nis ge­neem, maar daar was twy­fel of sy skuld be­wys kan word.

En toe die ont­hul­ling: Huis­ge­noot spoor ’n man, John­ny du P­reez (29), op wat saam met Do­no­van in die po­li­sie­sel­le op­ge­sluit was die aand van sy in­heg­te­nis­ne­ming. John­ny ver­klap Do­no­van het in de­tail ge­spog hoe hy dit reg­ge­kry het om Leigh te ont­voer.

“Hy het pa­nie­ke­rig ge­raak toe hy be­sef Leigh het sy ge­sig en re­gis­tra­sie­nom­mer ge­sien. Al uit­weg wat hy ge­sien het, was om haar dood te maak . . .”

Ons pro­ku­reur het ge­maan ons kan nie sul­ke be­we­rings pu­bli­seer oor ’n saak wat han­gen­de is nie. Maar Huis­ge­noot het deur­ge­druk, oor­tuig van die sto­rie deur ons joer­na­lis Han­ne­lie Booy­ens.

Uit­ein­de­lik blyk dit Huis­ge­noot se waag­moe­di­ge op­tre­de was ge­reg­ver­dig. Do­no­van is skul­dig be­vind en on­danks sy po­gings deur die ja­re om te ap­pel­leer, sit hy steeds ag­ter tra­lies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.