NOG MIS­DA­DE WAT BY ONS SPOOK

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

In 1988 en ’89 ont­voer die pe­do­fiel Gert van Rooyen en sy v­rien­din Joey Haarhoff vyf jong mei­sies. Die t­wee sterf aan eie hand voor hul­le kan ver­tel wat van die mei­sies ge­word het.

’n Paar we­ke ná die pe­do­fiel se dood neem Huis­ge­noot sy seun, F­lip van Rooyen, af in die don­ker kel­der waar sy pa hom as seun soms toe­ge­sluit het. F­lip ver­tel o­pen­har­tig hoe Gert hom oor die ja­re af­ge­knou het. “Ek het el­ke el­len­di­ge dag, ter­wyl ek by hom was, pak ge­kry. Sy dood was vir my ’n ver­lig­ting.”

Maar nie al­mal voel ver­lig nie. Joey se sus­ter, Babs Wes­sels, is die ma van een van die slag­of­fers, die 13-ja­ri­ge Yo­lan­da. Sy ver­tel 25 jaar la­ter aan Huis­ge­noot sy won­der nog ge­reeld oor haar dog­ter wie se lyk nooit ge­vind is nie. “Diep in my hart brand daar ’n klein vlam­me­tjie. Dalk kom sy tog een­dag te­rug. Maar ek dink nie dit sal ge­beur nie.” Wat van Shrien De­wa­ni? Die hof kon hom nie skul­dig be­vind aan ’n wit­te­brood-huur­moord op sy bruid in Kaap­stad nie.

In die hof is ge­tuig oor sy dub­be­le lewe met ’n Duit­se man­li­ke pros­ti­tuut. Sal ons ooit weet wat rég­tig ge­beur het? In­ge Lotz, bril­jan­te Ma­tie­stu­dent, se kê­rel, F­red van der Vy­ver, is vry­ge­spreek op die aan­klag van haar moord en die vraag bly hang: Wie het In­ge dan ver­moor, so bloe­dig op haar rus­bank in 2005?

Me­ni­ge te­o­rieë en on­der­soe­ke ten spyt, is die ou­er­paar wat hul e­nig­ste kind ver­loor het, steeds nie na­der aan rus nie, soos hul­le tot in 2015 nog aan Huis­ge­noot ver­tel het. En Januarie 2015 se by­l­moor­de op S­tel­len­bosch? Drie le­de van die Van B­re­da-ge­sin is ver­moor: Mar­tin en Te­re­sa en hul oud­ste, Ru­di (22). Mar­li, toe 16 jaar, en Hen­ri, toe 20, bly oor.

Mar­li het so van haar brein­be­se­rings her­stel dat sy kan aan­gaan met haar lewe. Maar sy kan niks van die aan­val ont­hou nie. Hen­ri is net lig­gies be­seer.

In­tus­sen is die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag nog be­sig om te be­sluit of hul­le ge­noeg in­lig­ting het om ie­mand te ver­volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.