GE­SIG VAN TERREUR

New York, Pa­rys, Loc­ker­bie, P­re­to­ria . . . sinnelose ge­weld het al on­denk­ba­re el­len­de ge­saai

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

HOE voel dit om jou­self middein moont­lik die groot­ste ter­reur­aan­val in men­se­heu­ge­nis te be­vind? Die po­li­sie­man Joe Lom­bar­di kyk van ’ n New York­se sy­paad­jie af op na ’n wol­ke­krab­ber waar­uit vlam­me en rook bor­rel. “Men­se het tou­ge­staan en hul beurt af­ge­wag om stil on­der­toe te spring. Die e­nig­ste ge­luid was wanneer hul lig­ga­me die sy­paad­jie ge­tref het,” ver­tel hy in ’n ar­ti­kel wat in Sep­tem­ber 2001 in Huis­ge­noot ver­skyn het.

Ter­wyl die he­le wêreld in die dae ná 11 Sep­tem­ber stom ge­skrik was weens dié aan­val­le waar­in Al-Ka­ï­da-ka­pers met vlieg­tuie in die Wor­ld Tra­de Cen­ter, Pen­ta­gon en ’n veld in Penn­sil­va­nië vas­ge­vlieg het, het Huis­ge­noot die mens­li­ke dra­ma ag­ter die nuus vas­ge­vang, on­der meer in ’n 12 blad­sye lange “dos­sier van ver­skrik­king”, een van die mees dra­ma­tie­se (selfs trau­ma­tie­se) ar­ti­kels ooit in die tyd­skrif.

Daar­in ver­tel men­se soos die ar­gi­tek Bob S­hel­ton,’n wat in die een ge­bou was, hoe dit in die T­win To­wers gevoel het pas na­dat ’ n vlieg­tuig dit ge­tref het. “Jy kon hoor hoe die ge­bou kraak. Dit het ge­klink soos wanneer jy ’n klomp rou spag­het­ti mid­del­deur breek.”

Die pa­ra­me­di­kus Lou­is Gar­cia ver­tel van die pan­de­mo­ni­um aan die voet van die bran­den­de ge­boue, waar roet 60 cm diep ge­lê het toe hul­le op­daag.

“Voer­tuie ry oor die ly­ke, want hul­le is o­ral. Daar is men­se wat na ons aan­ge­hard­loop kom wat van kop tot to­ne ver­brand het. Hul ha­re het af­ge­skroei.”

Daar­i­sook­die­ver­stom­men­de­ver­ha­le­wat ’n mens by­na nie kan glo nie. Soos die een oor die po­li­sie­man John M­cLough­lin, wat 330 m ver van die 83ste ver­die­ping ge­val en oor­leef het. “Hy het ver­tel hy het hom­self ‘in ’n bol op­ge­rol’ en met die een ver­die­ping langs na die an­der af­ge­rol ter­wyl die ge­bou in­ge­tui­mel het.”

Ter­reur­aan­val­le­word­dik­wels­ont­hou van­weë hul sterf­te­sy­fer (vir 9/11 was dit 2 996 men­se) en po­li­tie­ke ge­vol­ge. E­nig­een wat hul ge­skie­de­nis ken, is ver­troud met die ba­sie­se ge­ge­wens van die aan­val­le by die O­lim­pie­se S­pe­le in M­ün­chen in 1972, die ont­plof­fing van ’n Pan Am-vlieg­tuig bo die S­kot­se dor­pie Loc­ker­bie in 1988, die bom wat ’n nag­klub in Ba­li in 2002 met by­na 180 ly­ke be­saai ge­laat het. En ve­le meer.

Maar weer het Huis­ge­noot oor die ja­re

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.