MEERLINGE VIR A­FRI­KA! 1951, 1974, 1987

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Hoe meer sie­le, hoe gro­ter die kans dat Huis­ge­noot die sto­ries sal ver­tel!

So was dit met die ge­boor­te van die Lom­bard-vier­ling van Cal­vi­nia in 1951, toe Huis­ge­no­ters sim­pa­tiek ge­lees het van die ou­er­paar wat skie­lik ge­se­ën is met vier ek­stra seuns­mon­de om te voed.

Maar dit was nog niks – toe kom die half­do­syn Ro­sen­ko­wit­ze . . .

Toe dié sesling in 1974 in Kaap­stad ge­bo­re is, was dit wê­reld­nuus. “Ses men­sies, ses me­die­se tri­om­fe”, het Huis­ge­noot die koms van drie seuns en drie dog­ters aan­ge­kon­dig. Die tyd­skrif was met el­ke nuus­waar­di­ge wen­ding by, van hul eer­ste skool­dag tot met hul ou­ers se egskei­ding toe hul­le 21 was.

Van­dag, met hul 40ste ver­jaar­dag ag­ter die rug, bly hul­le uit die kol­lig.

In 1987 het Suid-A­fri­ka weer wê­reld­nuus ge­maak met die ge­boor­te van die Fer­rei­ra Jor­ge-drie­ling van T­za­neen. Dit was ’n ver­stom­men­de nuut­jie – die 25-ja­ri­ge ma, Ka­ren, kon nie nog kin­ders kry nie, toe word haar eie ma, Pat An­tho­ny, op 47 sur­ro­gaat­ma vir haar dog­ter.

BO: Die Ro­sen­ko­witz-sesling op 10 jaar oud. Kloksgewys, van links ag­ter, is Ja­son, Da­vid, Em­ma, Nic­ky, E­li­za­beth en Grant. Lom­bard-vier­ling – Jan­nie, Kla­sie, De Vil­liers en De Waal – het op ’n haar na me­kaar ge­lyk. HEEL REGS: Die Fer­rei­ra Jor­ge-drie­ling – Pau­la, José en Da­vid – saam met ou­ma Pat, ma Ka­ren en ou­boet Al­ci­no.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.