NICOLE HOHOWSKY 1986

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Min kin­ders se swaar­kry kon so dui­de­lik op hul ge­sig ge­lees word as dié van klein Nicole Hohowsky, die “le­wer­ba­ba”. Sy was op se­we maan­de net vel en been, weg­ge­teer weens ’n le­wer­siek­te, en het na die VSA ge­reis om ’n le­wer­oor­plan­ting te kry. Haar ma het haar vas­ge­klou ty­dens die on­der­soek, het ons be­rig, en vir haar ge­fluis­ter: “Jy sal nie dood­gaan nie.

Toe ons Nicole ’n paar maan­de ná haar o­pe­ra­sie be­soek, het dit ge­lyk of als goed gaan. Sy was ’n mol­li­ge dog­ter­tjie wie se lig­gaams­ge­wig by­na ver­dub­bel het. Maar die voor­spoed het nie lank ge­duur nie. P­re­sies ’n jaar ná haar o­pe­ra­sie is sy dood na­dat haar ly­fie die nu­we le­wer ver­werp het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.