I­SA­BEL­LA ‘PIP­PIE’ KRUGER 2011

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Die klein­ding wat on­langs die mees­te op­slae ge­maak het, is I­sa­bel­la “Pip­pie” Kruger van Lep­ha­la­le in Lim­po­po. Sy was t­wee jaar oud toe sy der­de­graad­se brand­won­de aan 80 per­sent van haar ly­fie op­ge­doen het toe ’n vuur­aan­ste­ker ont­plof het. Haar ma, A­ni­cè, het al­les in die stryd ge­werp om haar dog­ter weer so nor­maal moont­lik te laat lyk en men­se van oor die wêreld het geld ge­skenk. Uit­ein­de­lik het dr. Rid­wan Mia suk­ses­vol vel wat van Pip­pie se eie sel­le ge­kloon en in ’n la­bo­ra­to­ri­um ge­kweek is, op haar oor­ge­plant. Sy het brein­ska­de op­ge­doen weens ’n suur­stof­te­kort ná die on­ge­luk. Vol­gens dr. Mia het Pip­pie teen vroeg 2016 ’n paar woor­de ge­leer en be­gin sing. Sy eet ook self en stap met ’n loop­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.