AS ANDERS’‘ ’N MENS LAAT HUIL

Deur die ja­re is le­sers diep ge­roer deur deer­nis­vol­le sto­ries oor men­se wat aan die lewe se kort­ste end trek – dink maar aan die O­li­fant­man, die man wat t­wee keer van ge­slag ver­an­der het en die swan­ger vrou met die bors­te van 24 kg

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

OM “ANDERS” as ge­wo­ne sie­le te wees is goed en wel as jy ’n super-at­le­tie­se Ryk Neeth­ling is, of ’ n be­gaaf­de Su­san Boy­le. Maar “anders” weens jou vreem­de siek­te, jou mis­vorm­de ge­sig of om­dat men­se nie jou ge­slags­i­den­ti­teit aan­vaar nie . . . dít kan ’n kruis wees. Oor die ja­re het Huis­ge­noot ge­reeld oor sul­ke men­se ge­skryf, en ho­pe­lik ge­help om gro­ter be­grip en aan­vaar­ding vir an­der soos hul­le te bring. Soos vir Mi­ke, wat Mi­chel­le ge­word het nog lank voor Cait­lyn Jen­ner die wêreld se ton­ge laat klap het.

Huis­ge­noot was in 1988 ’n baan­bre­ker met een van die heel eer­ste o­pen­har­ti­ge on­der­hou­de met ’ n trans­sek­su­e­le per­soon (dees­dae trans­gen­der).

In Good­wood, Kaap­stad, het die men­se haar net ge­ken as Mi­chel­le, die vrou met die grow­we stem wat al­tyd ho­ë­hak­skoe­ne dra. Min men­se het ge­weet sy was eers Mi­ke E­vert (47), voor die agt uur lange o­pe­ra­sie wat haar van ’ n ge­slags­i­den­ti­teit sou ver­los wat haar on­tuis in haar lig­gaam laat voel het.

Liz, die vrou wat met Mi­chel­le ge­trou het toe sy nog Mi­ke was, het haar ná 20 jaar saam by­ge­staan. Daar was ook drie dog­ters uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik. Die groot­ste uit­da­ging was dat Mi­chel­le ver­plig was om selfs ná die o­pe­ra­sie be­dags as Mi­ke die ge­reed­skap­ma­ker in mans­kle­re te gaan “sweet en spie­re bult”, soos Huis­ge­noot des­tyds ge­skryf het.

Dit was ’n Je­kyll en Hy­de-be­staan: Be­dags was hy ’ n man, maar na­mid­dae het sy weer vrou ge­word. Die ver­haal het le­sers se voor­oor­de­le ge­toets en op die brie­we­blad het dit ge­gons met vrae oor wat van ’n mens ’n man of vrou maak.

In die 1990’s het die sto­rie ’ n on­ver­wag­te wen­ding ge­neem. Die hu­we­lik met Liz het nie ge­hou nie. Mi­chel­le het op ’ n vrou (ook ge­naamd Mi­chel­le) ver­lief ge­raak en be­sluit om weer man te word so­dat hul­le kon trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.