WEG – VOOR HY WEER KON OPSTAAN

Hy was ’n be­gaaf­de en ge­lief­de sport­kap­tein, ’n rol­mo­del vir jon­ges oor die wêreld heen. Maar soos die G­riek­se hel­de van ouds het Han­sie Cron­jé ’n tra­gie­se fout ge­had . . .

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

DIT was ’n G­riek­se tragedie soos min, en dis al­les in Huis­ge­noot vas­ge­vang . . . Han­sie Cron­jé was ja­re lank een van ons groot­ste sport­hel­de: die be­gaaf­de, on­ver­skrok­ke, bloed­jong kap­tein wat Suid-A­fri­ka tot roem­ry­ke se­ges oor krie­ket se gro­tes aan­ge­vuur het. Die sjar­man­te jong man wat vrou­e­har­te o­ral laat bok­spring het, maar uit­ein­de­lik ’n ska­me­ri­ge blon­de­kop uit sy tuis­stad as trou­vrou ge­kies het. ’n Alom­ge­wil­de om­gee-kap­tein . . .

Maar teen 2000 was dié spro­kie aan sker­we toe ’n hui­len­de Han­sie Cron­jé bieg hy is deur krie­ket­wed­ders ver­strik. T­wee jaar la­ter, ná ’ n moe­di­ge nu­we be­gin, is hy deur ’ n vlieg­on­ge­luk weg­ge­skeur.

Han­sie slim, hoog wil klim (met sy kolf die wêreld in). Dit was die lui­mi­ge op­skrif van ’n vroeë Han­sie-sto­rie waar­in Huis­ge­noot in Januarie 1992 die land al­les ver­tel het van die 22ja­ri­ge Vry­staat­se kap­tein. Hy is so Vry­staats soos pap en braai­vleis, ’n A­fri­ka­ner­seun wat sê hy eet bil­tong en dro­ë­wors om sy ge­wig in toom te hou. Die ge­gra­du­eer­de wat na ’n dok­tors­graad in be­dryfs­e­ko­no­mie mik, droom daar­van om die SA span te haal wat aan die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in Aus­tra­lië gaan deel­neem. Huis­ge­noot­ver­te­look­hoe­vrou­e­oor­hom­swy­mel.

Skaars ’n maand la­ter sou Han­sie toe wel Doer On­der in kap­tein Ke­pler Wes­sels se WB-span sy kant bring. Met Huis­ge­noot se fo­to-ar­ti­kel van sy troue in A­pril 1995 was daar ’n Bloem­fon­tein­se roos aan sy sy. Hy en Ber­tha P­re­to­ri­us het hul lewe lank net vyf hui­se van me­kaar af ge­bly, maar skaars drie jaar te­vo­re meer vir me­kaar be­gin sê as net “’n skug­ter groet”.

“Ek het ge­dink hy’s ou­lik, maar my knieë het aan die be­gin nou nie juis lam ge­raak nie,” skerts Ber­tha nog lag­gend teen­oor Huis­ge­noot. Sy wou hê die troue moes ’n ge­wy­de ge­leent­heid wees. “’n Hu­we­lik ge­maak in die he­mel”, was die sto­rie-op­skrif . . .

VYF jaar la­ter sou Han­sie en Ber­tha in ’ n gees­te­li­ke hel ge­dom­pel word ná sy be­ken­te­nis dat hy wel met wed­ders deur­me­kaar was. Han­sie het in­tus­sen ’ n for­mi­da­be­le re­kord as Pro­te­a­kap­tein op­ge­bou: 27 se­ges en slegs 11 ne­der­lae uit sy 53 toet­se aan die stuur; 99 se­ges in 138 in­ter­na­si­o­na­le een­dag­wed­stry­de. Reeks­se­ges oor al die groot krie­ket­lan­de be­hal­we Aus­tra­lië. Hy kon wel sy­Aus­tra­lie­se e­we­knieë troef deur­dat hy ’n toets­reeks in In­dië ge­wen het, in 2000. So het kap­tein Han­sie In­dië se ei­e­bo­dem-heer­skap­py van 14 op­een­vol­gen­de tuis­reeks­se­ges be­ëin­dig. Maar hy het blyk­baar bly wroeg oor SA se na­el­skraap­se en on­no­di­ge half­eind­neer­laag teen die Aus­sies in die 1999-Wê­reld­be­ker.

Hy het eers ont­ken dat hy e­ni­ge geld van wed­ders ont­vang het. Maar bin­ne dae ná die eer­ste be­we­rings uit In­dië, het hy teen­oor die R­he­ma-kerk se past. Ray M­cCau­ley ge­bieg, be­rig Huis­ge­noot in A­pril 2000.

Ray, ’n ver­trou­e­ling van Han­sie, ver­tel hoe hy don­ker­nag ’ n op­roep ont­vang het van ’n “Chris­ten wat nie lan­ger met die leu­en kon saam­le­we nie”. En van Han­sie se ont­set­ting toe hy hom by die Kaap­se lug­ha­we gaan troos het – oor wat sy be­ken­te­nis aan sy ge­lief­des sou doen: “. . . my pa . . .”, het hy ge­snik, “ek sal wat wil gee om soos hy te wees”.

Ins Ishwar Singh, “die (In­die­se) speur­der wat Han­sie vas­ge­trek het”, deel ’n week la­ter dié bood­skap in Huis­ge­noot: “Sê vir die men­se in Suid-A­fri­ka ek is reg­tig jam­mer vir Han­sie. Dit is nie vir my lekker dat ek ’n ein­de aan sy loop­baan ge­maak het nie. Ek is ’n po­li­sie­man en het net my werk ge­doen.”

Hoe­wel Han­sie waar­skyn­lik nooit ’n wed­stryd reg­streeks ge­knoei het nie, het hy geld van In­die­se be­roeps­wed­ders aan­vaar om hul­le van in­lig­ting te voor­sien wat dit vir hul­le mak­li­ker sou maak om ’ n uit­slag te voor-

BO: Han­sie Cron­jé in die tyd toe hy nog die goue seun van wê­reld­krie­ket was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.