SA: SPORTMAL, TOE EN NOU!

Ja, sport was nog al­tyd ’n na­si­o­na­le tyd­ver­dryf . . . en soms het die ska­res ge­juig, soms ge­huil – en soms net lekker ge­skin­der

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

KYK, as daar nou een ding is waar­oor ons na­sie net so gees­drif­tig – én drif­tig! – kan raak as po­li­tiek, dan is dit sport. Boe­sem­vrien­de word kwaai­vrien­de die dag as die WP en die Blou Bul­le me­kaar in die Cur­rie­be­ker-eind­stryd pak. En kom dit by boks, was jy van­me­le­we óf ’ n Ger­rie “Seer Hand­jies” Coet­zee-man óf ’n aan­han­ger van Kal­lie “Die Bek van Boom­straat” K­noet­ze.

Die ru­briek­skry­wer ge­naamd Oom Koos stel in Huis­ge­noot van 17 Fe­bru­a­rie 1928 die vraag: “Wy ons nie te veel tyd aan sport nie?” Dit na­dat ’ n on­der­wy­ser in ’ n brief skryf: “Sport be­hoort nie ’n deel van ons lewe te wees nie, maar slegs nou en dan plaas te vind, so­dat dit net ’n ont­span­ning vir ons is, net soos ’n va­kan­sie.”

Oom Koos stem nie saam nie. “Sport doen baie goed.” Dit bou ka­rak­ter en kan ’n he­le na­sie ge­sond hou. “Die voor­de­le van sport is on­ein­dig gro­ter as die na­de­le daar­van.”

Huis­ge­noot steun klaar­blyk­lik dié sie­ning, sien ’n mens as jy deur die af­ge­lo­pe 100 jaar se tyd­skrif­te blaai. Want van vroeg af het ons heel­wat ruim­te aan sport af­ge­staan.

DOK EN BOKRUGBY

Suid-A­fri­kaan­se rug­by en die le­gen­da­rie­se dok Da­nie Craven is si­no­niem. Blaai jy deur die eer­ste 75 jaar se Huis­ge­no­te – tot kort voor die 1995-Wê­reld­be­ker – sien jy hom as spe­ler (WP en die S­pring­bok­ke), af­rig­ter en la­ter as ad­mi­nis­tra­teur.

Op een van die vroeë fo­to’s van Dok in Huis­ge­noot staan hy wyds­been oor ’n skeur in die ys op die Franz Jo­sef-glet­ser in Ni­euSee­land, tuis­te van die Bok­ke se aarts­vy­an­de. Die jaar was 1937 en Da­nie en sy Bok-span­maats het daar­die reeks met 2-1 ge­wen.

Hy was toe reeds vyf jaar lank ’n Bok na­dat hy op 21 sy in­ter­na­si­o­na­le de­buut as skrum­ska­kel ge­maak het, ty­dens die on­oor­won­ne toer van 1931/’32 na Wal­lis, Ier­land, En­ge­land en S­kot­land.

Suid-A­fri­ka het eg­ter reeds met hul eer­ste toer na Nieu-See­land in1921 ge­wys hul­le is ’n groei­en­de rug­by­krag, met ’n ge­lyk­op-reeks doer in die vreem­de.

Met die All Blacks se eer­ste be­soek aan

‘Daar’s 30 Leeus op die Ho­ë­veld van Trans­vaal en hul­le soek S­pring­bok­vleis’

Huis­ge­noot, 27 Junie 1955

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.