WÊRELDBEKERS

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

Suid-A­fri­ka was se­dert ons her­toe­la­ting tot in­ter­na­si­o­na­le sport by ver­skeie wê­reld­be­ker­toer­nooie be­trok­ke. Maar daar is net drie wat Suid-A­fri­ka­ners graag ont­hou: die dra­ma­tie­se 1995-rug­by­wê­reld­be­ker in ’n bloed­jong Nu­we Suid-A­fri­ka, die Bok­ke se tweede tri­omf in 2007 in Frank­ryk en, na­tuur­lik, SA 2010, toe M­zan­si sok­ker­har­te wê­reld­wyd ge­steel het.

RWB 1995

“Keer, Hier Kom die S­noe­ker­ta­fel!” So lees die op­skrif by ’n Huis­ge­noot-sto­rie in 1995 oor die skyn­baar on­stuit­ba­re All Blacks-vleu­el Jo­nah Lomu, wat die skaal op 118 kg laat trek. As hy eers op spoed is, is dit net so goed as om jou arms te pro­beer slaan om die po­te van ’n s­noe­ker­ta­fel wat op jou af­storm.

Ma­di­ba in die Bok­kap­tein, Fran­cois Pie­naar, se no. 6-rug­by­trui is waar­skyn­lik die heel be­kend­ste her­in­ne­ring aan RWB 1995. En Lomu, wat bo-oor die een Ier­se en En­gel­se spe­ler ná die an­der storm op pad na die doel­lyn, is beslis die vrees­aan­ja­end­ste. Maar dank­sy ver­woe­de Bok­ver­de­di­ging het Nieu-See­land se vlie­ën­de “s­noe­ker­ta­fel” nooit na­by ons doel­lyn ge­kom nie.

Huis­ge­noot het le­sers lus ge­maak vir die toer­nooi met al­les van die kies van ’n “bes­te rug­by­span op aar­de” (on­der wie die Bok­heel­ag­ter An­dré Jou­bert, skrum­ska­kel Joost van der West­hui­zen, vleu­el C­hes­ter Wil­li­ams en slot Mark Andrews) tot ’n “rug­by­gids vir be­gin­ners”, waar­in Dana Snyman die vol­gen­de raad aan­ge­bied het:

“Dis mak­lik om die heel­ag­ter uit te ken: die spe­ler met die be­kom­mer­de frons tus­sen die oë, soos An­dré Jou­bert. Dis om­dat hy die een is wat daar­die hoë bal­le moet vang ter­wyl 15 man op hom af­pyl . . .”

En kort ná daar­die eind­stryd op El­lis­park

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.