BOKS

Huisgenoot 100 - - Nuusgenoot -

sy vrou) ge­skryf. En toe Ernie in 2012 sy tweede B­rit­se Ope (dit was sy vier­de Grand Slam-toer­nooi) wen, het Huis­ge­noot op 9 Augustus ge­ju­bel: “Mooi Skoot, Ernie!”

Vier an­der Suid-A­fri­kaan­se spe­lers het ook se­dert 2000 Grand Slams ge­wen en hul suk­ses­se is deur Huis­ge­noot ge­vier: Re­tief Goo­se sen (A­me­ri­kaan­se Ope 2001 en 2004); T­re­vor Im Im­mel­man (A­me­ri­kaan­se Mees­ters 2008); Lo Lou­is Oost­hui­zen (B­rit­se Ope 2010); en C­harl Sc S­chwart­zel (A­me­ri­kaan­se Mees­ters 2011).

Sal­ly Litt­le, tot dus­ver nog Suid-A­fri­ka se be bes­te vrou­e­gholf­spe­ler, was op 12 Sep­tem­ber 19 1969 op die voor­blad. Ja,Ja daar was tye toe boks gróót was in Suid-A­fri­kaSu – en Huis­ge­noot was tel­kens langs die kryt.

DIE LIGTER GEWIGTE . . .

Vic­tor To­weel was Suid-A­fri­ka se eer­ste wê­reld­kam­pi­oen. En kort voor hy die A­me­ri­ka­ner Ma­nu­el Or­tiz se ka­pok­ge­wig­ti­tel in 1950 af­ge­neem het, kon jy als oor Vic in Huis­ge­noot lees.

Pa Mi­ke To­weel, van Li­ba­ne­se af­koms, het al vyf sy seuns in ’n sink­plaat-gim in sy ag­ter­plaas in Be­no­ni leer boks.

Voor sy ti­tel­se­ge skryf Huis­ge­noot oor Vic, of­te­welT­he Be­no­niBuz­z­saw : “Die hout­sny­er van be­roep hard­loop voor ont­byt al tot drie myl. Hy dink daar niks van om t­wee pond bees­vleis op ’n slag kaf te loop nie.” Vic is steeds Suid-A­fri­ka se e­nig­ste on­be­stre­de wê­reld­kam­pi­oen. Hy en ons la­te­re ju­ni­or­lig­ge­wig- wê­reld­kam­pi­oen, B­ri­an Mit­chell, was waar­skyn­lik ons suk­ses­vol­ste bok­sers en teg­nies die bes­te. Ie­mand wat am­per­tjies in die­self­de li­ga be­land het, was die mid­del­ge­wig-boks­kam­pi­oen C­har­lie Weir.

Boks­ken­ners het hom in die laat 1970’s en vroeë 1980’s vir sy uit­mun­ten­de uit­klop­hou ge­loof en mei­sies was nog­al erg oor die ou­li­ke spier­wit kuif in sy an­der­sins don­ker ha­re – aan­han­gers het hom “die Sil­wer Slui­per” ge­noem. Huis­ge­noot het hom in 1977 be­skryf as “die man met die wit klos­sie in sy ha­re en die di­na­miet in sy vuis­te . . . hy kán wê­reld­kam­pi­oen word”.

Dié eer het hom eg­ter ont­glip toe Da­vey Moo­re hom in 1982 in Jo­han­nes­burg in ’n stryd om die mid­del­ge­wig-wê­reld­ti­tel dis­nis slaan.

In 1992 is C­har­lie op die ou­der­dom van 35 aan kan­ker oor­le­de.

EN DIE SWÁÁR MANNE

Dis ver­al die me­de­din­ging tus­sen die swaar­ge­wig­te Kal­lie “Die Bek van Boom­straat” K­noet­ze en Ger­rie “Seer Hand­jies” Coet­zee wat boks­gees­drif­ti­ges se ver­beel­ding aan­ge­gryp het.

Na­dat Kal­lie in 1977 die Suid-A­fri­kaan­se ti­tel ge­wen het, is die Bek in 1978 Los An­ge­les toe vir ’n be­loof­de kans teen die le­gen­da­rie­se Joe Fra­zier. Fra­zier was siek en die ge­veg het nooit plaas­ge­vind nie, maar Huis­ge­noot het nog­tans el­ke oom­blik van die Bek se be­soek vas­ge­lê. Ons ver­tel wanneer Kal­lie daar in ’n oe­fen­saal­tjie laat waai, “snak har­de manne na hul a­sem en sê met ’n Bronx-ak­sent: ‘ da gre­a­test­pun­cher­sin­ceMar­ci­a­no’”.

Huis­ge­noot be­rig in 1979 die ge­we­se Blou Bul “is vas­be­slo­te om groot John Ta­te in M­ma­batho uit sy pad te veeg”; sy vo­ri­ge se­we teen­stan­ders is im­mers “al­mal voor die klok uit­ge­tel”.

Maar ná fo­to’s van Kal­lie se “dow­we staar oor Ta­te se skou­er” uit ge­swel­de oë in Huis­ge­noot’npaar­we­ke­la­ter­kon­nie­mandt­wy­fel nie: Be­roeps­boks is g’n a­ma­teur­rug­by nie!

Ger­rie Coet­zee was nie veel ge­luk­ki­ger nie. “Ger­rie kan S­pinks klop met sy kop”, het Huis­ge­noot in Junie 1979 op sy voor­blad ver­klaar. Ger­rie, ’ n meer we­ten­skap­li­ke bok­ser as Kal­lie, sou sy brein, vlug­voe­tig­heid en blit­si­ge re­flek­se ge­bruik om die A­me­ri­ka­ner Le­on S­pinks te klop, het die skry­wer Lou­is Wes­sels ver­dui­de­lik.

En hy hét: skou­spel­ag­tig, reeds in die eer­ste ron­de daar in Mon­te Car­lo.

Maar die S­pinks-dra­ma was net ’n lus­ma­ker vir die Slag van Lof­tus Vers­feld op 20 Ok­to­ber 1979, waar­in Ger­rie en die ein­ste Ta­te sou mee­ding om die WBA-ti­tel wat Mu­ham­mad Ali prys­ge­gee het.

Ta’ Mei­sie Coet­zee het voor­af in Huis­ge­noot ver­tel: “Ger­rie kon klein­tyd nie eens kyk hoe t­wee men­se me­kaar seer­maak nie. Hy was stil en be­skeie, sy hart was sag. Hy’t nooit eens vir sy skool­maats ver­tel hy’s ju­ni­or SA boks­kam­pi­oen nie.”

An­ne­li­ne K­riel was saam met Ger­rie op die voor­blad van 18 Ok­to­ber se Huis­ge­noot, met sy by­lae van 16 blad­sye oor “Die Ge­veg van die Eeu”, dalk “ons groot­ste sport-uur”.

Daar was ’n he­le ar­ti­kel oor hoe nou­keu­rig Ger­rie se han­de, reeds ’n paar keer on­der die mes, ver­bind moes word en le­wens­groot­te­kie­kies van sy en Ta­te se vuis­te.

An­ne­li­ne het Ger­rie druk­kies vir “mo­re­le on­der­steu­ning” ge­gee en voor­spel hy sou Ta­te in die agt­ste ron­de uit­slaan.

Maar he­laas, daar op Lof­tus sou Ta’ Mei­sie se ge­sig ein­de­lik spreek van ’n ver­plet­te­ren­de uit­ein­de voor meer as 80 000 toe­skou­ers. Sy was “ver­we­se, haar oë poe­le van te­leur­stel­ling en ver­sla­end­heid”, skryf Huis­ge­noot.

“Ger­rie: ’n Droom aan Sker­we . . .” was die hoof­op­skrif by’n fo­to­beeld. Big John het slim­mer ge­boks vir sy pun­te­se­ge ná 15 ron­des.

Ger­rie het uit­ein­de­lik in sy der­de aan­slag op ’ n wê­reld­ti­tel ge­slaag toe hy Mi­cha­el Do­kes in 1983 in O­hio uit­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.