WIL­LI­AM EN KA­TE

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot -

C­har­les en Di­a­na se oud­ste seun, Wil­li­am, het al in 2003, toe hy en Ka­te Midd­le­ton nog al­bei stu­den­te in S­kot­land was, met haar be­gin uit­gaan. Die paar­tjie het ’n keer of t­wee uit­ge­maak, maar uit­ein­de­lik het Wil­li­am be­sef dis by Ka­te dat sy toe­koms lê en op 29 A­pril 2011 is hul­le in die We­st­min­ster-ab­dy ge­troud.

Die te­ma van die troue, het Huis­ge­noot be­rig, was “een­vou­dig en pre­ten­sie­loos”, nes Di­a­na haar seuns pro­beer groot­maak het. Maar in haar wit rok met kant­af­wer­kings en ’n tra­di­si­o­ne­le lang sleep het die sko­ne Cat­her­i­ne die men­se se a­sem weg­ge­slaan.

Die sta­ti­ge ok­ka­sie het ge­help om die mo­nar­gie te ver­sterk, het die BBC-kor­re­spon­dent Pe­ter Hunt op 12 Mei 2011 in Huis­ge­noot se glans­by­lae oor die troue ge­sê.

Se­dert hul hu­we­lik staan die t­wee be­kend as die her­tog en her­to­gin van Cam­brid­ge.

T­wee le­de van die vol­gen­de ge­slag is reeds daar: Wills en Ka­te se seun­tjie, prins Ge­or­ge, ge­bo­re in Julie 2013, en die skat­ti­ge prinses C­har­lot­te Di­a­na, wat in Mei 2015 haar op­wag­ting ge­maak het.

Ka­te straal nie net op trou­es en glans­ge­leent­he­de nie. Selfs toe sy die kraam­hos­pi­taal ’n paar uur ná die ge­boor­te van klein C­har­lot­te ver­laat, was haar na­els prag­tig deur een van Londen se top­ma­ni­ku­ris­te ver­sorg, haar ek­sie­per­fek­sie kap­sel het ge­blink en op ons fo­to’s het sy beeld­skoon ge­lyk.

Die af­ge­lo­pe 10 jaar was sy al ve­le ke­re op Huis­ge­noot se voor­blad. ’n Nu­we fe­ë­prin­ses. En ons glo klein C­har­lot­te gaan ook nog vir ve­le voor­blaaie sorg!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.