PETALJES IN DIE PRINS SE PALEIS

Die ko­nings­ge­sin van Mo­na­co is si­no­niem met skoon­heid en glans, maar ook met tragedie en skan­da­le

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot - (Blaai om)

MO­NA­CO. ’n Naam wat prent­jies op­to­wer van beeld­sko­ne ry­kes wat dob­bel en sam­breel­dran­kies drink, van seil­jag­te wat op die Mid­del­land­se See wieg. Dis die plek waar ’ n ko­nink­li­ke fa­mi­lie ons al ja­re fas­si­neer – des te meer se­dert ons eie swem­kam­pi­oen C­har­le­ne Witt­stock met die heer­ser, prins Al­bert II, ge­troud is.

Mo­na­co was nie al­tyd die weel­de­ri­ge won­der­plek wat ons van­dag ken nie. Trou­ens, in 1955 het din­ge in dié piep­klein prins­dom aan die suid­kus van Frank­ryk maar el­len­dig ge­lyk, skryf Huis­ge­noot in 1982. Die re­ge­ren­de G­ri­mal­di-di­nas­tie was aan die uit­ra­fel, die paleis was ver­val­le en Al­bert se pa, prins Rai­nier III, was in sy 30’s steeds sku vir trou.

Toe ont­moet hy die be­koor­li­ke A­me­ri­kaan­se ak­tri­se Gra­ce Kel­ly, ’ n be­roem­de rol­prent­ster met ’n Oscar ag­ter haar naam. Rai­nier het die ja­woord ge­vra en is in 1956 luis­ter­ryk met sy 26-ja­ri­ge bruid ge­troud.

Dit kon nie vir dié ti­pies A­me­ri­kaan­se mei­sie mak­lik ge­wees het nie. In 1979 haal Huis­ge­noot haar aan oor haar ver­trek uit A­me­ri­ka: “Die dag toe ons weg is, was ons skip in mis ge­hul . . . Ek kon nie help om in die mis te staar nie en te won­der: Wat gaan met my ge­beur? Hoe sal hier­die nu­we lewe wees?”

Die ver­groot­glas was deu­ren­tyd op haar ge­rig. Daar was kri­tiek van haar 26 000 on­der­da­ne dat sy nie ge­noeg met haar volk meng nie. Sy het ook ge­suk­kel om Frans on­der die knie te kry. Haar ver­weer was dat sy in die eer­ste t­wee jaar meest­al swan­ge­ran­ge was – “net so­veel om die ont­hal­we van die volk as om my eie,” skryf Huis­ge­noot in 1981.

Eers was daar Ca­ro­li­ne in 1957 en toe Al­bert in 1958. Se­we jaar la­ter, in 1965, het S­tép­ha­nie ge­volg.

Reg­deur haar hu­we­lik het Gra­ce haar met erns aan haar plig­te ge­wy. Sy het on­der meer el­ke jaar ’n swie­ri­ge bal ge­re­ël en be­roem­des soos Frank Si­na­tra en Ro­ger Moo­re ge­nooi.

Mo­na­co het flo­reer. Die vors­te­dom het teen 1982 jaar­liks 2 mil­joen be­soe­kers ge­kry. “Met haar e­le­gan­te skoon­heid en Iers-A­me­ri­kaan­se hof­lik­heid het sy so­veel waar­dig­heid aan die dob­bel­staat­jie ver­leen dat dit nie net die wêreld se ryk­stes ge­lok het nie, maar ook die voor­stes,” skryf ons in 1982.

Gm ra­ce was “dank­baar dat my hu­we­lik met Rai­nier nooit deur skin­der­praat­jies ver­suur is nie”. Maar die­self­de kon sy on­ge­luk­kig nie van haar kin­ders sê nie.

Ca­ro­li­ne se groot­word­ja­re was moei­lik. Met haar don­ker ha­re en soel Me­di­ter­reen­se vel was sy die le­li­ke eend­jie in die­pa­leis. Toe, teen­haar15de­ver­jaar­dag, ver­an­der sy in ’n swaan, en kort voor lank het haar­glan­sen­de­ha­re, bruin­o­ëen­trot­se­mond wê­reld­wyd van haar ’n voor­blad­nooi ge­maak – ook ver­skeie ke­re Huis­ge­noot s’n.

Sy het P­hi­lip­pe Ju­not ont­moet ter­wyl sy fi­lo­so­fie aan die Sor­bon­ne-u­ni­ver­si­teit in Pa­rys stu­deer het. Sy pa was on­der­bur­ge-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.