PEN­NY COE­LEN

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot -

MEJ. WÊRELD

1958

‘Sy rook nie, sy drink nie, sy hon­ger haar nie uit nie – ‘ ek eet drie groot maal­tye ’ n dag’ – sy sal geen traan stort as sy nie ’n rol­prent­ster word nie . . .’’ So skryf Huis­ge­noot in Ok­to­ber 1958 oor ons pas ge­kroon­de Mej. Wêreld. Toe sy t­wee jaar la­ter met die Na­tal­se sui­ker­boer Mi­chel Rey trou, is dit soos ’ n ko­nink­li­ke troue op eie bo­dem.

“Die po­li­sie moes ’ n pad tus­sen die ska­re oop­druk so­dat die bruids­mo­tor – ’n don­ker­groen Rolls-Roy­ce – kon deur­kom. En toe die mo­tor­deur oop­gaan, het die ska­re ge­re­a­geer soos ’n mens kan ver­wag wanneer jy ’n wê­reld­skoon­heid in ’n fan­tas­tie­se rok sien . . .’’

Pen­ny en haar brui­de­gom het selfs op die ska­re se aan­drang op die bal­kon ver­skyn van die Dur­ban­se ho­tel waar hul hu­we­liks­ont­haal ge­hou is.

’n Tragedie sou la­ter op haar wag toe Ni­cho­las, haar mid­del­seun van vyf, deur ’ n perd­ry-on­ge­luk ver­lam is.

“Hoe­wel die on­ge­luk sy lyf tot dié van ’ n lap­pop ge­re­du­seer het, ma­keer sy ver­stand niks,’’ skryf Huis­ge­noot in 2006 oor die toe 41-ja­ri­ge kwa­dru­pleeg. “Dit is vir haar die hart­seer­ste van die he­le tragedie, het Pen­ny al ge­sê.’’

Sy woon dees­dae op die land­goed Zim­ba­li aan die K­waZu­lu-Na­tal­se Dol­fyn­kus. Met haar­seun­gaan dit ook­goed en hy woon daar na­by op Bal­li­to saam met sy vrou en t­wee kin­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.