ROLENE STRAUSS

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot -

Haar ma, Da­wn, het kort daar­na ver­tel van die eer­ste skoon­heids­kom­pe­ti­sie waar­voor Mar­ga­ret op 15 in Kaap­stad in­ge­skryf het. Ber­nard Jor­daan, la­ter Huis­ge­noot se hoof­fo­to­graaf, was ’ n be­oor­de­laar. Kort daar­na word hul lewe skie­lik om­ge­keer toe Ber­nard vol­hou Mar­ga­ret is net die soort mei­sie na wie die be­roem­de Fran­se mo­del­a­gent John­ny Ca­sa­blan­cas soek.

Dit was die be­gin van ’n roem­ry­ke mo­del­loop­baan wat 22 jaar la­ter plot­se­ling ein­dig toe ’n o­pe­ra­sie haar met ’n lit­te­ken op haar bors laat.

Sy skryf self in Fe­bru­a­rie 1999 ’ n roerende ar­ti­kel oor haar kan­ker­stryd. Mar­ga­ret, haar dok­ter-man, An­dré Nel, en die drie­ja­ri­ge Brandon woon toe al in Los An­ge­les.

Na­dat die bind­weef­sel­ge­was ver­wy­der is, was die erg­ste vir Mar­ga­ret “toe ek skie­lik be­sef dat ek nooit weer voor die ka­me­ras sal werk nie’’. Maar ’ n TV-pro­gram oor ’ n man wat as kleu­ter brand­won­de oor 90 per­sent van sy lyf op­ge­doen het, laat haar be­sef “ek was baie, baie, baie ge­luk­kig . . .”

Mar­ga­ret skryf daar­na vir haar ’ n nu­we loop­baan oop. Sy rits die wêreld vol vir on­der­hou­de met sil­wer­doekster­re, ver­tel Huis­ge­noot in A­pril 2013 toe sy weer in die Kaap kom kui­er.

“Met die groet­slag raak sy aan­ge­daan toe sy hoor ons fo­to­graaf is die dog­ter van Ber­nard Jor­daan, die ein­ste fo­to­graaf wat haar ‘ont­dek’ het,’’ skryf Huis­ge­noot.

En voor Misha Jor­daan se ka­me­ra­lens is Mar­ga­ret op 53 “steeds ’ n lang­been-skoon­heid wat met haar slan­ke lyf en lang, bruin ha­re die kop­pe laat draai’’.

MEJ. WÊRELD

2014

‘On­sKo­nin­gin: Mooi­vanBui­te en Bin­ne”, lui die op­skrif in Huis­ge­noot se Kers­uit­ga­we van 2014 oor Rolene Strauss, wat toe pas as Mej. Wêreld ge­kroon is. Sy­het­die­be­oor­de­laar­snie net met haar skoon­heid be­ïn­druk nie, maar ook met die lief­da­dig­heids­pro­jek­te wat sy on­der­steun. Daar­by is die der­de­jaar­se me­die­se stu­dent net so slim as wat sy mooi is.

Met haar heel eer­ste on­der­houd met Huis­ge­noot is dit dui­de­lik sy is ’n aan­hou­er wat wen. Rolene het drie jaar te­vo­re in die Mej. SA-kom­pe­ti­sie die top­vyf ge­haal. “Ek was nie van plan om daar­die droom te laat vaar nie,’’ ver­tel sy. In die Kers­uit­ga­we plaas Huis­ge­noot ook ’n fo­to van D’Niel Strauss, ’n Kaap­stad­se sa­ke­man oor wie se “heg­te vriend­skap’’ met Rolene ge­fluis­ter word. Se­we maan­de la­ter deel Rolene heel eer­ste die groot ge­heim met Huis­ge­noot dat sy en D’Niel daar­die ein­ste Kers­dag stil-stil ver­loof ge­raak het. Op ’n son­ni­ge Sa­ter­dag in Fe­bru­a­rie 2016 trou die t­wee op die prent­jie­mooi wyn­land­goed Lou­rens­ford bui­te So­mer­se­tWes. Rolene het in­tus­sen ná haar Mej. Wêreld-jaar haar me­die­se stu­die her­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.