ROCK HUDSON

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot - (Blaai om)

“Uit­ge­knip ’n tweede Clark Ga­ble’’, skryf Huis­ge­noot in November 1959 oor Rock Hudson. Hy het ’n paar jaar te­vo­re met sy spel in Gi­ant ver­ras – ‘’dit was net ná sy hu­we­lik met P­hyl­lis Ga­tes – toe hy bor­re­lend ge­luk­kig was”. Tog is hul­le ná net ’n jaar uit­me­kaar. Eers in 1985 – kort voor Rock op am­per 60 die eer­ste be­ken­de was wat weens vigs ge­sterf het – word die ge­heim ont­hul: Die “ma­cho man wat mil­joe­ne vrou­e­har­te ver­o­wer het’’, was gay. Som­mi­ge men­se het dit ge­weet, maar na­dat ’n skin­der­tyd­skrif dit in 1955 wou uit­bla­ker, het die rol­prent­ba­se in­der­haas ge­re­ël dat Rock met sy a­gent se se­kre­ta­res­se trou. Die hu­we­lik was ge­doem tot mis­luk­king. As men­se e­nig­iets van die TV-reeks North and South uit die 1980’s ont­hou, is dit die jong sol­daat­jie Or­ry Main, ver­tolk deur die on­be­ken­de Pa­trick S­way­ze. Maar kort daar­na was Pa­trick te­rug in ’n fliek ge­naamd Dir­ty Dan­cing – mi­nus die ba­ba­vet, maar met, soos Huis­ge­noot dit ge­stel het, “wrie­me­len­de heu­pe”. Nee kyk, het ons be­rig, dié kê­rel maak vroue mal. “Dis ’n nag­mer­rie om . . . in ’n ho­tel oor te bly,” ver­tel Pa­trick in 1989. “(Toe ek) half na­kend voor die bad­ka­mer­spie­ël staan en skeer, bars ’n vreem­de vrou . . . in en smeek om my hand­te­ke­ning.” Nog flieks het ge­volg, maar Pa­trick was oor die kruin van sy suk­ses. Pan­kre­as­kan­ker het sy lewe in 2009 ge­ëis. Hy was 57.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.