DEUR LIEF EN LEED MET JURIE EN HES

Die san­ger en sport­ster se ver­haal het, jy kan maar sê, noot vir noot voor ons le­sers ont­vou

Huisgenoot 100 - - Glansgenoot -

DIS ’n lief­des­ver­haal soos min, waar­van by­na el­ke hoof­stuk in Huis­ge­noot te lees was. In ’n sta­di­um was Huis­ge­noot selfs deel van die ver­haal. Eers het ons hul­le af­son­der­lik ont­moet: die held en die hel­din. Jurie Els en He­strie Cloe­te. Hom het ons leer ken as die san­ger met die ge­moe­de­li­ke glim­lag wat in 1991 die heel eer­ste Noot vir Noot-sei­soen op TV ge­wen het. Sy was die hoog­sprin­ger, die O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner met die lang be­ne wat van Co­li­gny in die ou Wes-Trans­vaal kom. Hy was on­ge­troud; sy was ge­troud. In Huis­ge­noot van 19 Augustus 1999 lees ons van He­strie se ge­luk­ki­ge lewe op Co­li­gny saam met haar man, An­dries. Hy het sy eie duik­klo­pon­der­ne­ming. Met van haar prys­geld het sy vir An­dries ’n bak­kie van R120 000 ge­koop.

In hul huis het hul­le ’n kat en ’n vis­bak vol tro­pie­se visse.

Ons lees nie veel oor Jurie se sang­loop­baan in die tyd­skrif nie, maar in die uit­ga­we van 10 A­pril 2003 duik sy naam op in ’n ar­ti­kel oor die san­ger Rob­bie Klay, wat op die ou­der­dom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.