DIÉ BOET EN SUS KEN VAN!

Bob­by en Kar­lien het deur die ja­re A­fri­kaan­se mu­siek­lief­heb­bers se hart ge­steel

Huisgenoot 100 - - Glans­ge­noot -

DIT be­gin skat­lik en klein. ’n Fraai boe­tie en sus­sie van B­rits doer in die Bos­veld. Hul­le skryf saam lied­jies en sing. ’ n S­lim waar­ne­mer sou dalk toe al aan die von­kel in hul oë kon sien hul­le het die po­ten­si­aal om die A­fri­kaan­se mu­siek­wê­reld te ver­o­wer. Die har­te­bre­ker-boe­tie, Bob­by van Jaars­veld, kry eer­ste sy beurt in die kol­lig. As op- ge­sko­te tie­ner­seun van 16 maak hy al naam toe hy saam met Do­zi toer en la­ter met sy de­buu­tal­bum, KenJyTa­li­na? Men­se­gons­oor “die vol­gen­de S­te­ve Hof­meyr” en in 2006 word hy die eer­ste kuns­te­naar wat ’ n kon­trak by die Soos Bloed- san­ger, T­heuns Jor­daan, se pla­te­maat­skap­py kry. Die­self­de jaar ont­vang hy as 19-ja­ri­ge ’ n Huis­ge­noot­Tem­po-toe­ken­ning as bes­te nu­we­ling. Die Bob­by- fe­no­meen is op dreef.

T­wee jaar la­ter ver­dub­bel die Van Jaars­veld-glans oor­nag toe Bob­by op Huis­ge­noot se voor­blad pr yk saam met sy ou­sus, Kar­lien, toe nog taam­lik on­be­kend. “Nou sing ons saam vir Je­sus!” sê dié t­wee, wat ver­tel hul­le is ook diep ge­lo­wig.

Kar­lien, wat vroe­ër in die mu­siek­groe­pe Die Melk­tert Kom­mis­sie en Re­vo­lu­sie ge­sing het, sê sy gaan nou by Bob­by se kon­ser­te op­tree. “Ek is so bly sy het be­sluit oom haar so­lo­loop­baan te be­gin,” b bor­rel Bob­by. “Sy is baie ta­lentv vol en haar stem gaan ver­lo­re in ’n groep.”

Nou is dit tref­fer ná tref­fer. D Die prins en prin­ses van die A A­fri­kaan­se mu­siek­wê­reld.

Hul­le ver­skyn in flieks soos Li Lief­ling (Bob­by) en As Jy Sing (B (Bob­by en Kar­lien) en word va van Huis­ge­noot se mees ge­lie lief­de voor­blad­s­ter­re.

Bob­by trou met sy jeug­lief­de, An­na­tjie; hul­le kry t­wee sprui­te, Si­on en Le­ben; hul­le hou ro­man­ties va­kan­sie op Mau­ri­ti­us; en teen ons druk­tyd ver­wag hul­le ’ n dog­ter­tjie. Tel­kens is Huis­ge­noot daar. Ons ka­me­ras ge­niet dit ver­al wan­neer hy sy hemp uit­trek om sy bo­lyf­spie­re te wys.

Kar­lien se lief­despaad­jie het he­laas meer slag­ga­te. Din­ge be­gin be­lo­wend toe sy aan die Lief­ling van Lof­tus, die rug­bys­ter De­rick Hou­gaard, ver­loof raak. Die ver­lo­wing word kort­ston­dig af­ge­stel – daar is spra­ke dat De­rick erg met de­pres­sie wor­stel. “Ek was ge­skok, want ons ver­hou­ding was so na aan ’n spro­kie as kan kom. Al­les was so per­fek,” ver­tel De­rick, wat by­voeg dat hy in sy ge­moed deur ’n “woes­tyn­tyd­perk” gaan. Maar wel­dra kom din­ge weer op dreef. In wat een van ons mooi­ste trou­voor­blaaie ooit was (sien bl. 147), wys Huis­ge­noot in 2013 hoe die wit ge­kle­de bruids­paar­tjie me­kaar met toe oë tus­sen die bo­me kus. Hul twee­ling­seuns, Da­ni­ël en E­li­ah, haal ook la­ter die voor­blad.

Die hart­seer bly eg­ter nie ver nie. In Ja­nu­a­rie 2015 maak die ver­plet­ter­de eg­paar be­kend Kar­lien het hul der­de kind op week 19 van haar swan­ger­skap ver­loor. Se­we maan­de la­ter kon­dig hul­le skie­lik aan hul­le gaan skei – kort na­dat Kar­lien as kam­pi­oen van die dans­kom­pe­ti­sie­reeks S­trict­ly Co­me Dan­cing aan­ge­wys is, met De­rick wat haar langs die dans­baan aan­ge­moe­dig het.

Kar­lien het net ná haar wen-slag nog aan Huis­ge­noot ver­tel hoe dié TV­reeks haar le­we ver­an­der het. ‘‘Ek het al­les in­ge­sit en dans het my te­ra­pie ge­word. Al die hart­seer van vas­klou aan die ver­lies van ba­ba E­vah het op die dans­baan uit­ge­kom.”

Sy praat nie met die me­dia oor die eg­skei­ding nie, maar skryf in De­sem­ber daar­die jaar op Fa­ce­book sy het ná “vier jaar se on­op­hou­de­li­ke pro­beer, met baie ver­skil­len­de be­ra­ders, siel­kun­di­ges en kli­nie­ke, en baie self­on­der­soek” be­sluit om te skei.

De­rick, daar­en­teen, maak wel hart oop. In ’n ope brief in Huis­ge­noot ver­tel hy van sy een­saam­heid: “Ek het nie ge­kies om te skei nie, maar ek be­rus by wat ge­beur en er­ken ek het ook skuld daar­aan.”

Ja, ook die mooi­stes ken hart­seer. En tog . . . As die Van Jaars­velds oor die ja­re een ding be­wys het, is dit dat hul­le die X-fak­tor het om tel­kens weer bo uit te kom.

‘Ek suk­kel al­tyd met woor­de en e­mo­sies, maar met jou het ek nie woor­de nie, want niks kan my lief­de vir jou be­skryf nie’

Bob­by in ’n brief aan Si­on, 2012

Bob­by en Kar­lien van Jaars­veld in 2008 vir die eer­ste keer op Huis­ge­noot se voor­blad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.