VAN DIE RE­DAK­TEUR

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Voorblad -

EK NOEM hier­die ons 1, 2, 3-braai­boek, want vir al­les wat ons braai, is daar meer as een ma­nier van doen. Daar’s by­voor­beeld vier ma­nie­re met lams­boud, drie ma­nie­re met plat­hoen­der, ses met vleis op stok­kies, se­we met vis en ook ’n klom­pie ma­nie­re met al­ler­han­de an­der ge­reg­te – van ei­er­vrug op die ko­le tot braai­paai. As jy dit al­les by­me­kaar­tel, be­vat hier­die boek meer as 120 resepte wat jy op die vuur­tjie in jou ag­ter­plaas kan gaar­maak! Van­jaar kom baie van ons resepte van die ster­braai­ers wat hul kook­ver­nuf uit­ge­stal het in sei­soen 1 van die TV-reeks Kom Ons Braai (Via, DStv-ka­naal 147). El­ke jaar dink ek nou het ek al­les ge­sien en be­proef, maar el­ke keer is ek van voor af ver­ras deur hoe vin­ding­ryk en op­win­dend men­se kos maak. Daar word nou nie net meer oor oop ko­le ge­braai nie, maar die braai word ook ’n vuur­ge­stook­te oond waar­in jy lek­ker kan bak of selfs ’n var­klies kan gaar­maak. Ja, die ge­hal­te van die vleis of vis wat jy braai maak ’n groot ver­skil aan die eind­pro­duk, maar dit bly ook in­te­res­sant hoe baie geur ’n mens kan by­voeg met ’n lek­ker sou­sie, ma­ri­na­de of smeer­sel. Daar­voor is daar in hier­die boek tal­le i­dees, selfs ook vir hoe om vleis voor­af te pe­kel om dit nog sap­pi­ger te maak. Moet ook nie die by­kos­se ver­geet nie, ver­al groen­te wat so mak­lik oor die ko­le gaar­ge­maak kan word, en dan na­tuur­lik die poe­ding. Wat is dan nou lek­ker­der as om ’n heer­li­ke ete af te sluit rond­om ’n sjo­ko­la­de-fon­due wat oor die laas­te ko­le warm ge­hou word? Lek­ker braai dié so­mer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.