Suur­le­moen-knof­fel­sous

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

Maak die poei­er en sous voor­af en hou dit tot jy dit no­dig het. Ons ge­bruik dit hier vir ’n spithoender, maar dit sal ewe goed vir ’n ke­tel­braai-hoen­der werk.

KLAS­SIE­KE BRAAIPOEIER Le­wer 500 ml (2 k)

125 ml (½ k) pa­pri­ka

60 ml (¼ k) sout

60 ml (¼ k) sui­ker

30-45 ml (2-3 e) mos­terd-

poei­er

Meng al die be­stand­de­le en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

KLAS­SIE­KE HOENDERBRAAISOUS

Ta­ma­tie­sous vorm die ba­sis van die mees­te hoen­der­braai­sou­se. Dié een is geen uit­son­de­ring nie, maar die suur­le­moen- en Oos­ter­se sous (kas­sie regs) werk ewe goed saam met die braaipoeier hier­bo.

Le­wer 500 ml (2 k)

500 ml (2 k) ta­ma­tie­sous 60 ml (¼ k) bruin­a­syn 60 ml (¼ k) wor­ces­ter­sous

60 ml (¼ k) bruin­sui­ker 45 ml (3 e) fyn ko­myn 15-30 ml (1-2 e) brand­ris­sie­vlok­kies

60 ml (¼ k) knof­fel­vlok­kies 30-45 ml (2-3 e) aan­ge­maak­te mos­terd

15 ml (1 e) klas­sie­ke braaipoeier (sien bo) ta­bas­co­sous na smaak

Plaas al die be­stand­de­le in ’n ka­strol­le­tjie en bring tot kook­punt ter­wyl ge­roer word. Ver­laag die hit­te en laat 10-15 mi­nu­te prut tot die sous don­ker en geu­rig is.

BRAAI­HOEN­DER

1 Sprin­kel van die braaipoeier ruim­skoots oor die hoen­der en laat 15 mi­nu­te staan.

2 Braai 25-30 mi­nu­te oor ma­ti­ge ko­le tot goud­bruin. Draai ge­reeld om.

3 Verf die hoen­der nou met braai­sous en braai nog 15-20 mi­nu­te oor warm ko­le tot don­ker­bruin en gaar. Draai ge­reeld om.

2 GE­NOEG VIR

4 MEN­SE Be­rei­ding 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-15 mi­nu­te

(sous) Staan­tyd

15 mi­nu­te Braai­tyd 40-50 mi­nu­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.