Vark­wor­sie-ham­bur­gers

VARK­WOR­SIE-HAM­BUR­GERS

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

Vir dié ham­bur­ger span ons vark­wor­sie­vleis in.

HAMBURGERKOEKIES

8 vark­wor­sies van ’n goeie ge­hal­te, vleis uit die derm

ge­druk

1 bos­sie spriet­uie, in fyn rin­ge ge­sny

5 ml (1 t) ge­rook­te pa­pri­ka

15 ml (1 e) a­syn of suur­le­moen­sap

15 ml (1 e) heu­ning

1 ei­er

30 ml (2 e) soet so­ja­sous of bal­se­mie­ke re­duk­sie om op

die am­per­gaar bur­ger te verf

GUACAMOLE

1 groot of 2 klein a­vo­ka­do’s, fyn ge­maak

1 knof­fel­hui­sie, fyn ge­ras­per

½ groot of 1 klein suur­le­moen se sap

2 klein pruim­ta­ma­ties, fyn ge­kerf, OF ½ ge­wo­ne ta­ma­tie 30 ml (2 e) na­tuur­li­ke jo­gurt of suur­room

125 ml (½ k) ge­kap­te vars kol­jan­der­bla­re sout en pe­per na smaak

KOOLSLAAI

¼ kop rooi- of wit­kool, baie fyn ge­sny

15 ml (1 e) rooi­wyn­a­syn

5 ml (1 t) skerp En­gel­se mos­terd­poei­er

OF 10 ml (2 t) aan­ge­maak­te mos­terd 45 ml (3 e) o­lyf­o­lie

1 groen ap­pel, ge­skil en ge­kap sout en pe­per na smaak

AFRONDING

4 rol­le­tjies met se­sam­saad, in die helf­te deur­ge­sny

1-2 ta­ma­ties, in rin­ge ge­sny

12 rooi-ui­e­rin­ge, in oor­skiet-ja­la­peño-pekelwater ge­week 4 ja­la­peño-brand­ris­sies, in rin­ge ge­sny

1 Hamburgerkoekies Meng al die ham­bur­ger­koe­kie­be­stand­de­le be­hal­we die so­ja­sous of bal­se­mie­ke re­duk­sie tot net ge­meng.

2 Braai 4 mi­nu­te per kant oor warm ko­le tot net gaar. Verf net voor die laas­te om­draai­slag met die so­ja­sous of bal­se­mie­ke re­duk­sie.

3 Guacamole Meng al die be­stand­de­le lig­gies.

4 Koolslaai Meng al die be­stand­de­le lig­gies.

5 Afronding Maak die sag­te kant van die brood­jies op die ko­le skrik. Plaas ’n skep guacamole en ’n vleis­koe­kie op die vier on­der­ste snye brood, ge­volg deur ta­ma­tie-, uie- en brand­ris­sie­rin­ge. Pak die boon­ste helf­tes bo-op. 6 Sit voor saam met die koolslaai.

LE­WER 4-6 BURGERS Be­rei­ding 30 mi­nu­te Braai­tyd 4 mi­nu­te per kant

1 Moe­nie die ham­bur­ger­vleis­meng­sel te veel meng nie, an­ders sal die koe­kie te styf en hard word. Werk lig­gies en meng tot net deur­ge­meng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.