I­sa­bel­la se geel­stert­met knof­fel­so­ja­sous

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

I­sa­bel­la Nie­haus van Lan­ge­baan aan die Weskus ken van vis gaar­maak. Dié re­sep is een van haar wen­ners.

MA­RI­NA­DE

2 heel knof­fel­bol­le

250 ml (1 k) suur­le­moen­sap

250 ml (1 k) so­ja­sous

250 ml (1 k) o­lyf­o­lie

VIS

1 geelstert, skoon­ge­maak en ge­vlek

GE­NOEG VIR

6 MEN­SE Be­rei­ding 5 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd

1 uur Braai­tyd 12-15 mi­nu­te

1 Ma­ri­na­de Ras­per die knof­fel aan die grow­we kant van die ras­per so­dat die skil ag­ter­bly. Meng met die res van die ma­ri­na­de­be­stand­de­le.

2 Vis Giet die ma­ri­na­de oor die vis en laat 1 uur ma­ri­neer.

3 Ver­wy­der die vis uit die ma­ri­na­de en hou die ma­ri­na­de een­kant. Plaas die vis in ’n toe­klap­roos­ter en braai 10-12 mi­nu­te met die vel na on­der tot die vleis net-net wit ver­kleur. Verf dik­wels met die ma­ri­na­de. Draai om en braai die vleis­kant 2-3 se­kon­des of tot net bruin.

4 Kook in­tus­sen die oor­skiet­ma­ri­na­de af tot geu­rig en sit saam met die vis voor.

6 Geelstert word gou droog; moet dit dus nie te lank braai nie – nie meer as twee of drie se­kon­des na­dat jy dit om­ge­draai

het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.