KLAP­PER-BROODPOEDING

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Poeding -

BROOD

125 ml (½ k) ro­sy­ne

125 ml (½ k) sjer­rie

250 g sag­te bot­ter

250 ml (1 k) sag­te bruin­sui­ker

10-12 snye wit­brood, in drie­hoe­ke (2 drie­hoe­ke per sny) ge­sny VLA

4 ei­ers

200 ml klap­per­melk 200 ml A­ma­ru­la C­re­am­li­keur

5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 5 ml (1 t) ka­neel

100 g pe­kan­neu­te, in ’n

droë pan ge­roos­ter

room­ys vir voor­sit

Smeer ’n swart plat­boom­pot goed met bot­ter.

1 Brood Laat die ro­sy­ne 1 uur in die sjer­rie week.

2 Meng die bot­ter en sui­ker en smeer aan al­bei kan­te van el­ke sny brood. Pak die brood in lae in die plat­boom­pot.

3 Drei­neer die ro­sy­ne en sprin­kel dit oor die brood.

4 Vla K­lits die ei­ers, klap­per­melk, li­keur, geur­sel en ka­neel saam en giet oor die brood. Sprin­kel die neu­te oor, plaas die dek­sel op die pot en plaas die pot op ef­fens warm ko­le. Pak ’n paar ko­le op die dek­sel en bak 3035 mi­nu­te.

5 Sit die warm broodpoeding saam met room­ys voor.

GE­NOEG VIR

6 MEN­SE Be­rei­ding 15 mi­nu­te Week­tyd

1 uur Bak­tyd 30-35 mi­nu­te

YVETTE EN DEWALD (UIT KOM ONS BRAAI, E­PI­SO­DE 9 (VIA, DSTV-KA­NAAL 147))

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.