Huisgenoot Beste Resepte: Braai

VAN DIE REDAKTEUR

-

DIE beste van die beste braairesep­te – dis wat jy in hierdie uitgawe kry. Huisgenoot publiseer nou al jare lank elke jaar minstens een braairesep­teboek, en natuurlik wemel die blaaie van die weeklikse tydskrif ook van die braaigereg­te. Nou het ons die beste resepte van ál hierdie publikasie­s uitgesoek en dit in hierdie bielie van ’n braaiboek bymekaarge­sit. Met dié uitgawe op jou rak sal jy nooit sonder ’n top-braairesep wees nie!

Daar’s iets vir elkeen, of jy nou ’n groentjie-braaier is of iemand wat al jare lank braaitang in die hand langs die vuur kuier. En ás jy ’n beginner is, kan jy gerus deur die eerste hoofstuk blaai waarin ons in besonderhe­de verduideli­k hoe om die vuur te pak en enige vleis perfek gaar te kry. Beproef ook die groot verskeiden­heid souse en smeersels om seker te maak jou braaivleis is nooit vervelig nie, en verlekker jou in ons keuse van die interessan­tste nuwe braai-katoeters op die mark.

Wat is ’n braai sonder broodjies, braaipaai en slaai? Ons het moeite gedoen om bykosse met ’n kinkel te kies sodat jou gaste met elke braaislag nuwe respek vir jou reputasie as onthaalkon­ing(in) kan kry.

En as jy ooit gewonder het wat Theuns Jordaan (bl. 76) graag op die kole gooi of hoe die voormalige mej. Suid-Afrika Melinda Bam

(bl. 14) ’n braaiery benader, sal jy dit ook in dié uitgawe vind. Ons land se sterre laat selde ’n kans verbygaan om te braai, en hulle deel hul geheime en voorkeure in die loop van hierdie boek.

Pak dus die vuur, marineer die vleis, vul die broodjies, kap op die slaai en laat ons braai!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa