Huisgenoot Beste Resepte: Braai

4 CHERMOULA

-

Dié sous uit Noord-Afrika is eerder geurig as branderig en vul enige vleis aan, veral lam en beesvleis, en vis of hoender.

LEWER SOWAT 260 ML

125 ml (1½ k) elk vars koljanderb­lare en pietersiel­ie, gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk 30 ml (2 e) druiweasyn

80 ml (¹⁄₃ k) suurlemoen­sap 2 ml (½ t) elk fyn komyn en brandrissi­epoeier

7 ml (1½ t) paprika knypie sout olyfolie vir oorgiet

Plaas al die bestanddel­e in die voedselver­werker en verwerk tot ’n pasta. Skep in ’n lugdigte houer en giet ’n bietjie olyfolie oor. Verkoel. Voeg ekstra olyfolie by ’n bietjie van die pasta en smeer oor die vleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa