Huisgenoot Beste Resepte: Braai

WAT IS PICANHA?

-

Die naam (pie-kán-ja uitgespree­k) val dalk nie so maklik op die Suid-Afrikaanse tong nie, maar daar’s niks lastigs aan die smaak nie! Dis hoekom picanha so gewild in Brasilië is.

Die snit (ook as sirloin cap bekend) is aan die bokant van die kruisskyf, en die geheim van sy heerlike geur is die gul laag vet – moet dit dus nie af- of kleiner sny nie. As jy picanha met sy vetkant na onder braai, sal dit nooit droog wees nie.

As jy wil, kan jy die vet ná die gaarmaakpr­oses wegsny. Omdat die spier in hierdie deel nie baie werk nie, is picanha so sag soos filet, maar dit het al die geur van kruisskyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa