Huisgenoot Beste Resepte: Braai
8 SOUSE EN GEGEURDE BOTTERS VIR T-BEEN-STEAK
KAAS-EN-SAMPIOEN-SOUS ANSJOVISBOTTER
15 ml (1 e) olie
125 g sampioene, in skyfies
gesny
2 knoffelhuisies, gekap 125 ml (½ k) suurroom hand vol gerasperde
parmesaankaas
2 dun snye cheddarkaas
1 Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene en knoffel sowat 3 minute. Voeg die suurroom by en laat sowat 3 minute prut tot dit effens verdik het. Voeg die parmesaankaas by en roer tot gesmelt.
2 Plaas ’n sny cheddarkaas op elke steak, skep die sous oor en sit dadelik voor.
ZAREENA HAY KAAPSTAD, WESKAAP 1 suurlemoen se skil hand vol vars pietersielie,
gekap 125 ml (½ k) ansjovis in olie,
gedreineer en fyn gekap 2 knoffelhuisies, fyn
gedruk
60 ml (¼ k) suurlemoensap 60 ml (¼ k) gekapte vars
pietersielie
250 g botter
Meng al die bestanddele. Vorm ’n rol, draai in kleefplastiek toe en verkoel. Sny in skyfies en sit voor saam met die steak.