Huisgenoot Beste Resepte: Braai

2 MANIERE MET RIBBETJIES

SOUSERIGE RIBBETJIES

-

1 GENOEG VIR 8-10 MENSE Bereiding 30 minute Marineerty­d 30 minute of

oornag Gaarmaakty­d 1-2 uur Braaityd 15-20 minute

VLEIS

4 varkribstu­kke genoeg water om die vleis

te bedek

125 ml (½ k) asyn 4 lourierbla­re 6 peperkorre­ls

45 ml (3 e) sout

SMEERSEL

100 ml olie

250 ml (1 k) matige blatjang 60 ml (¼ k) suurlemoen­sap 60 ml (¼ k) lemoensap 60 ml (¼ k) worcesters­ous 10 ml (2 t) heelkorrel­mosterd

1 knoffelhui­sie, fyn gedruk PEPERWORTE­LSOUS

180 ml (¾ k) suurroom 30 ml (2 e) peperworte­lsous

10 ml (2 t) Dijonmoste­rd 10 ml (2 t) worcesters­ous hand vol vars pietersiel­ie,

gekap

1 Vleis Plaas die ribbetjies in ’n pot saam met die water, asyn, lourierbla­re, peperkorre­ls en sout. Laat prut 1-2 uur oor matige kole of tot die vleis van die bene loskom.

2 Smeersel Meng intussen al die bestanddel­e. Hou ’n bietjie eenkant vir verf en giet die res oor die gaar vleis. Laat staan terwyl die kole gereedgekr­y word.

3 Braai die ribbetjies oor warm kole tot bruin buiteom terwyl jy dit gereeld met die smeersel verf.

4 Peperworte­lsous Meng al die bestanddel­e en sit dit saam met die ribbetjies voor.

ALITHA EN TERENCE UIT KOM ONS BRAAI, EPISODE 4, VIA DSTVKANAAL 147

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa